Suid-Koerdies
Suid-Koerdies (Koerdies: زۆڤان کوردیی باشووری ,کوردی خوارگ, Zûwane Kurdîy başûrî, Kurdiy xwarig) is 'n Koerdiese dialek wat veral in die ooste van Irak en die weste van Iran gepraat word.[2] Dit word in die Irannese provinsies Kermansjah en Ilam, asook in die Irakse streek Khanaqin gepraat. Dit is ook die dialek van die Koerdiese Kakayî-stam naby Kirkoek. Daar is ook baie Suid-Koerdiese sprekers in die Elboersberge.
Suid-Koerdies زۆڤان کوردیی باشووری ,کوردی خوارگ, Zûwane Kurdîy başûrî, Kurdiy xwarig | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Irak Iran | |
Gebied: | Wes-Asië | |
Totale sprekers: | 3 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Irannees Wes-Irannees Noordwes-Irannees Koerdies Suid-Koerdies | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet, Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | sdh
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Kurdish, Southern". Ethnologue. Besoek op 15 April 2021.
- ↑ (en) "Kurdish language i. History of the Kurdish language". Encyclopædia Iranica. Besoek op 15 April 2021.
Eksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Suid-Koerdies.