Botterklapper
Die botterklapper (Strychnos madagascariensis) is 'n boom wat wydverspreid noord van die Vaalrivier voorkom. In die kuswoude van KwaZulu-Natal is die boom groter en slanker. Die boom staan ook bekend as die swartklapper. Dit is inheems in Suid-Afrika en kom voor in die provinsies KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo. Die boom is ook inheems in Angola, Botswana, Eswatini, die Kaprivistrook in Namibië, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Somalië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Botterklapper Swartklapper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Loganiaceae |
Genus: | Strychnos |
Spesie: | S. madagascariensis
|
Binomiale naam | |
Strychnos madagascariensis Poir.
| |
Sinonieme | |
|
Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[1]
Blare en vrugte
wysigDie blare is leeragtig, blink en donkergroen aan die bokant en lig groen aan die onderkant. Die blare is ook gewoonlik harig. Die vrugte is blouerig-groen wanneer hulle jonk is en word geel wanneer hulle volwasse is en is tot 8 cm in deursnee. Die vrugte het 'n dik dop, baie sade en is eetbaar.
Sinonieme
wysig- Strychnos baronii Baker
- Strychnos behrensiana Gilg & Busse
- Strychnos burtonii Baker
- Strychnos dysophylla Benth.
- Strychnos dysophylla subsp. engleri (Gilg) E.A.Bruce & J.Lewis
- Strychnos engleri Gilg
- Strychnos innocua var. burtonii (Baker) E.A.Bruce & J.Lewis
- Strychnos innocua subsp. burtonii (Baker) E.A.Bruce & J.Lewis
- Strychnos innocua subsp. dysophylla (Benth.) I.Verd.
- Strychnos innocua var. glabra E.A.Bruce & J.Lewis
- Strychnos leiocarpa Gilg & Busse
- Strychnos melonicarpa Gilg & Busse
- Strychnos mocquerysi Aug.DC.
- Strychnos pachyphylla Gilg & Busse
- Strychnos polyphylla Gilg & Busse
- Strychnos quaqua Gilg
- Strychnos randiiformis Baill.
- Strychnos stenoneura Gilg & Busse
- Strychnos unguacha var. dysophylla (Benth.) Gilg
- Strychnos unguacha var. micrantha Gilg
- Strychnos vacacoua Baill.
- Strychnos wakefieldii Baker
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
Bron
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
Eksterne skakels
wysig- Wikispecies het meer inligting verwant aan Botterklapper