Paddaboom
(Aangestuur vanaf Tabernaemontana elegans)
Die Paddaboom (Tabernaemontana elegans) is 'n klein boom wat in Suid-Afrika voorkom langs die kus van KwaZulu-Natal en die noordelike dele van die Krugerwildtuin. Dit is ook inheems in Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Somalië, Tanzanië en Zimbabwe.
Paddaboom | |
---|---|
Groeivorm en teenoorstaande, gaafrandige blare in Limpopo | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Apocynaceae |
Genus: | Tabernaemontana |
Spesie: | T. elegans
|
Binomiale naam | |
Tabernaemontana elegans Stapf, (1894)
| |
Sinonieme[1] | |
|
In die droë winter verloor die boom sy blare. Die groot vrugte (6–7 cm lank en 4–5 cm breed) is leeragtig of houtagtig. Wanneer hulle ryp is, splyt hulle oop en toon die geel pulp daarbinne. Dit word geëet deur mense, ape, bobbejane, renosters, neushoringvoëls en witoorhoutkappers.[2] Die boom se FSA-nommer is 644.[3]
Fotogalery
wysig-
Wit melksap uit stingel -
Bloeiwyses -
Blom -
Gevratte, simmetriese vrug -
Sade in oopgespronge vrug
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Tabernaemontana elegans". The Plant List (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 4 Augustus 2013.
- ↑ "PlanZAfrica" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2016. Besoek op 3 November 2016.
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Bronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Paddaboom.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Paddaboom