Waaierpylstert
Die Waaierpylstert (Taeniurops meyeni) is 'n pylstert uit die familie Dasyatidae. Dit kom wydverspreid voor in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; meer spesifiek die Rooisee en aan die ooskus van Afrika, suidwaarts tot by KwaZulu-Natal.
Waaierpylstert | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | T. meyeni
|
Binomiale naam | |
Taeniurops meyeni (J. P. Müller & Henle, 1841)
| |
Verspreidingsgebied van die pylstert. | |
Sinonieme | |
Taeniura melanospila Bleeker, 1853 |
Identifikasie
wysigDie pylstert se skyf word tot 160 cm groot in deursnee en is rond. Dit is een van die groter pylsterte. Die pylstert se kleur varieer baie, van grys tot grysgroen met 'n verskeidenheid swart vlekke op die bokant. Die onderkant van die skyf is wit.
Die pylstert word gevind op sanderige areas in, of naby, koraal- en rotsriwwe in water wat tot 400 m diep is. Hulle vreet klein vissies, skaaldiere en weekdiere.
Sien ook
wysigBron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3