Takbokvaring
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Takbokvarings is ’n groep van sowat 18 varings van die genus Platycerium in die familie Polypodiaceae. Hulle word so genoem vanweë die unieke vorm van hul blare.
Takbokvarings | |
---|---|
Platycerium bifurcatum in die Australiese Nasionale Botaniese Tuin, Canberra. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Platycerium Desv., (1827)
|
Spesies | |
| |
Sinonieme | |
|
Eienskappe
wysigDie varings is epifiete, of lugplante, en word natuurlik aangetref in die tropiese en gematigde streke van Suid-Amerika, Afrika, Suidoos-Asië, Australië en Nieu-Guinee.[1] Hulle kan tot ’n meter breed word.
Volgroeide Platycerium-sporofiete het rosetvormige wortels wat uit ’n kort risoom groei met twee soorte blare, bodemstandige en vrugbare blare. Eersgenoemde is stiriel en skild- of niervormig. Hulle lê plat teen die boomstam en beskerm die varing se wortels. In sommige spesies vorm die boonste blare ’n oop kom waarin die plant water en afval opvang.
Vrugbare blare dra spore aan die onderkant, is tweeledig of horingvormig en steek of hang uit die risoom.
Platycerium het in vier natuurlike groepe verdeel.
Spesies
wysigNet twee spesies kan as huisplante gebruik word: Platycerium bifurcatum, wat ideel is vir ’n hangmandjie, en Platycerium grande 'Queen Wilhelmina', wat ’n groot mantelblaar het en moeiliker is om te kweek.[2]
Ander spesies is:
- Platycerium andinum
- Platycerium alcicorne
- Platycerium coronarium
- Platycerium elephantotis
- Platycerium ellisii
- Platycerium hillii
- Platycerium holttumii
- Platycerium madagascariense
- Platycerium quadridichotomum
- Platycerium ridleyi
- Platycerium stemaria
- Platycerium superbum
- Platycerium veitchii
- Platycerium wallichii
- Platycerium wandae
- Platycerium wilhelminae-reginae
- Platycerium willinkii
Probleme
wysigAs die plant te droog of nat is, sal die blare verwelk of verrot en afval. Dopluise kan ook voorkom.
Verwysings
wysig- ↑ Hennipman, E. (1982). A monograph of the fern genus Platycerium (Polypodiaceae). Verhandelingen der Koninklijke Nederlandse Akademie van Wetenschappen, Afd. Natuurkunde. Tweede reeks. Amsterdam ; New York: North-Holland. ISBN 0-444-85569-6.
- ↑ Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
Bronne
wysig- Holtum, Joseph A.M.; Klaus Winter (1 Januarie 1999). "Degrees of crassulacean acid metabolism in tropical epiphytic and lithophytic ferns". Functional Plant Biology. 26 (8): 749–757.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Takbokvaring.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Takbokvaring
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia