Tanja Storm
Tanja Storm, alias Tanja Bodenstein (* 1984 in Melkbosstrand) is ‘n veelsydige kunstenaar wat teater- en dansopleiding het, en ook naam maak in die musiekbedryf.
Opvoeding
wysigSy het in 1991 haar laerskoolloopbaan by Laerskool van Riebeeckstrand begin en vanaf 1992 tot 1997 was sy op Laerskool Hartenbos. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Punt in 2002.
Haar tersiêre opleiding het sy by South Cape College in George deurloop, en het in 2013 'n verdere kwalifikasie by UNISA behaal.
Toneel
wysigSy het reeds in verskeie toneelstukke by die George Kunsteater verskyn en het 'n rol vertolk op Klikkerland, 'n kinderprogram wat op kykNET uitgesaai is.
Musiekloopbaan
wysigIn 1999 sluit sy aan by haar eerste musiekgroep. In dieselfde jaar begin sy ook met musiekoptredes. In 2009 stel sy haar eerste album vry by die KKNK, waar sy 20 optredes in een week gedoen het.
Sy is ook by liefdadigheidsprojekte betrokke onder andere vir die DBV en S.M.A.R.T.
In 2007 is sy met Charl du Plessis van Danabaai getroud, maar die paartjie het later geskei.
Diskografie
wysigTalking in your sleep (2009)
wysig1. Vergeet my nie
2. Never Enough
3. Tevergeefs
4. History
5. Jy's 'n Harlekyn
6. Voices Carry (cover)
7. Bly By My Vanaand
8. There's Still Me
9. Ewig Groen
10. Not Gone
11. Vervalle Hart
12. Talking in your sleep (cover)
Ek is op pad (2019)
wysig1. Blues vir Jou
2. Ek is oppad
3. Grootste Wens
4. Hi Hi
5. Is Jy 'n Engel
6. Jou Liefde's 'n Leuen
7. Môreson
8. Vergader Jou Skatte
9. Vergete Kind
10. Laksman
Enkelsnitte
wysigEmpty Promises (2016)
I Fall (2016) ISRC Code:
I Have Come Home (2017)
Môreson (2017)
No Place Like Home (2018)
Wicked Games (2018)
Time (2019)
No More Money Blues (2019)
Gemeenskap
wysigIn 2013 het Tanja by die Oliver Twist Projek by die Barnyard Teater in Reed Valley vir SAPREC opgetree. In 2017 het sy by Mnr. Gay Wêreld in die Atterburyteater in Pretoria opgetree. Sy het ook in 2018 'n gratis opvoering gelewer vir ODIN (Oudtshoorn Dogs In Need).