Testikels as kos
Die testikels van kalwers, lammers, hoenders, kalkoene en ander diere word in baie dele van die wêreld geëet, dikwels onder eufemistiese name. Testikels is 'n neweproduk van die kastrasie van jong diere wat vir hulle vleis grootgemaak word en was dus 'n spesialiteit vir die laat lente,[1] hoewel hulle deesdae gevries word en heeljaar beskikbaar is.
Geregte
wysigTestikels word op talle verskillende maniere gekook: pangebraai, gesous, gestoof, geposjeer, in diepvet gebraai in 'n deeg, in pasteie, ensovoorts. Voordat hulle gekook word, word hulle gewoonlik geblansjeer, ontvel en in koue water laat week.[2]
Name
wysigIn Engels is testikels onder baie name bekend, insluitende stones, Rocky Mountain oysters en prairie oysters.[1][3] Lamstestikels word dikwels lamb fries genoem.[4]
Eufemismes word in baie tale gebruik. In Arabiese lande soos Libanon, Sirië en Irak is hulle bekend as baid ghanam en in Turkye as koç yumurtası, wat in albei tale "skaapeiers' beteken.[5]
In sommige Spaanssprekende lande in Latyns-Amerika is hulle bekend as criadillas of huevos de toro, "buleiers"; in Chinees, as 牛宝 (Pinyin: niú bǎo), "osskatte" en in Grieks as αμελέτητα, "onnoembares".
Die Franse animelles ("ingewande") en Italiaanse granelli ("korrels") was eers eufemismes, maar het die standaardname van geregte geword.[6][7]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Mason, Laura (2014). Davidson, Alan (red.). The Oxford Companion to Food (in Engels). Oxford University Press. p. 816. ISBN 9780199677337.
- ↑ Prosper Montagné, Larousse Gastronomique, 1938
- ↑ Oxford English Dictionary s.v. 'stone' 11a, 'mountain' and 'prairie oyster' 2
- ↑ Oxford English Dictionary, s.v. 'fry' n2 2b
- ↑ Hosking, Richard (2010). Food and Language: Proceedings of the Oxford Symposium on Food and Cooking 2009 (in Engels). Oxford Symposium. ISBN 9781903018798.
- ↑ Tresor de la langue française s.v. animelles
- ↑ Treccani on line s.v.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Testikels as kos.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.