Thereianthus montanus
plantspesie
Thereianthus montanus is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Thereianthus behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Riviersonderendberge naby Pilaarkop voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 14 km² en daar is twee subpopulasies. Dit groei op die suidelike hellings op hoogtes van 1500 m en word bedreig deur indringerplante.
Thereianthus montanus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | T. montanus
|
Binomiale naam | |
Thereianthus montanus J.C.Manning & Goldblatt, (2004)
|