Tin(IV)jodied
chemiese verbinding
Tin(IV)jodied is 'n verbinding van tin in sy hoogste +4 oksidasietoestand en jodium met chemiese formule SnI4.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Tin(IV)jodied |
Chemiese formule | SnI4 |
Molêre massa | 626,33 [g/mol] [1] |
CAS-nommer | 7790-47-8[1] |
Voorkoms | oranjerood vastestof |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=1226pm[2] |
Ruimtegroep | Pa3 |
Nommer | 205 |
Strukturbericht | D1₁ |
Smeltpunt | 143,5 °C |
Kookpunt | 340 °C |
Digtheid | 4,46 |
Oplosbaarheid | reageer |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 500 mg/kg (oraal)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kristalstruktuur
wysigDie stof kristalliseer in 'n kubiese struktuur wat die argetipe van die D11-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Die struktuur is molekulêr en bestaan uit tetraëdriese molekules.[2]
Chemiese eienskappe
wysigDie stof kan verkry word uit die elemente bv. deur tin aan 'n oplossing van jodium in koolstofdisulfied bloot te stel:[3]
SnI4 kan verkry word deur die oplosmiddel te verdamp. Blootstelling aan vog moet vermy word. Dit is voggevoelig en hidroliseer volledig in water. Dit is oplosbaar in CS2, CHCl3 en CH2I2.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 "Tin(IV) iodide". Sigma-Aldrich.
- ↑ 2,0 2,1 "SnI4 (D11) Structure: A4B_cP40_205_cd_c-001". Aflow.
- ↑ M. Baudler; Georg Bauer (1963). Handbook of preparative inorganic chemistry. New York; London: Academic press. p. 735.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)