Titaandioksied
chemiese verbinding
Titaan(IV)oksied of titaandioksied is 'n verbinding van titaan in sy oksidasietoestand + 4 met suurstof met die chemiese formule TiO2
Algemeen | |
---|---|
Naam | Titaandioksied |
Chemiese formule | TiO2 |
Molêre massa | 60,08 [g/mol] |
CAS-nommer | 13463-67-7[1] |
Voorkoms | Deursigtig of wit vastestof[1] |
Fasegedrag | |
Fase | Rutiel |
Selkonstantes | a=459,30pm, c=295,90 pm[2] |
Ruimtegroep | P42/mnm[2] |
Nommer | 136 |
Strukturbericht | C4 |
Fase | Anataas |
Selkonstantes | a=379,23 pm, c=955,48 pm[2] |
Ruimtegroep | I41/amd[2] |
Nommer | 141 |
Strukturbericht | C5 |
Fase | Brookiet |
Selkonstantes | a=545,58 pm, b=918,19 pm, c=514,2 pm |
Ruimtegroep | Pbca |
Nommer | 61 |
Strukturbericht | C21 |
Smeltpunt | 1855 °C [1] |
Kookpunt | 2900 °C [1] |
Digtheid | 3,84 -4,26[1] |
Oplosbaarheid | onoplosbaar |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | >10 000 [mg/kg] (oraal; rot) |
LC50 | >1 000 [mg/L] - 96 uur (vis) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Dit kom in die natuur voor as die minerale rutiel, anataas en brookiet.
Kristalstrukture
wysigTiO2 het verskeie kristalstrukture:
- Die tetragonale rutiel-struktuur, wat die argetipe van die C4-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.[3]
- Die tetragonale anataas-struktuur, die C5-argetipe.[4]
- Die ortorombiese brookiet-struktuur, die C21-argetipe.[5]
Rutiel is die stabiele fase en dit is wat bo 800 °C gevorm word. Sintese onder 350 °C lewer die amorfe vorm op, hierbo word anataas gevorm.[2]
Gebruike
wysigTiO2 word in 'n uiters wye reeks kommersiële toepassings en navorsingsareas gebruik, insluitend:[2]
- As TiO2-poeier: as 'n wit pigment in verf, plastiek, ink, papier en skoonheidsmiddels; in waspoeier, tandepasta, sonskerm, voedsel, farmaseutiese produkte, fotografiese plate, vir die skep van sintetiese edelstene; en as katalisator.
- As TiO2 dun films: vir ultra-dun kapasitors en MOSFET's vanweë sy uiters hoë diëlektriese konstante; as humiditeit- en suurstofsensor vanweë die afhanklikheid van sy elektriese geleiding van die gasse teenwoordig; as 'n optiese deklaag en 'n materiaal vir golfleiers vanweë sy hoë brekingsindeks; as 'n beskermende, korrosiebestande laag; en as 'n fotoanode in sonselle vanweë sy foto-elektriese aktiwiteit.