Titonium
Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | |
---|---|---|---|---|
Kryt | Vroeg | Berriasium | jonger | |
Jura | Laat | Titonium | 145,0–152,1 | |
Kimmeridgium | 152,1–157,3 | |||
Oxfordium | 157,3–163,5 | |||
Middel | Callovium | 163,5–166,1 | ||
Batonium | 166,1–168,3 | |||
Bajosium | 168,3–170,3 | |||
Aalenium | 170,3–174,1 | |||
Vroeg | Toarsium | 174,1–182,7 | ||
Pliensbachium | 182,7–190,8 | |||
Sinemurium | 190,8–199,3 | |||
Hettangium | 199,3–201,3 | |||
Trias | Laat | Rhaetium | ouer | |
Die verdeling van die Jura (IKS). |
Die Titonium is die laaste chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Jura (serie/epog Laat Jura). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 152,1 tot 145 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Kimmeridgium en gevolg deur die eerste etage/tydsnede van die Kryt, die Berriasium.
Naam en definisie
wysigDie naam Titonium is deur die Duitse paleontoloog Albert Oppel genoem na Titon, wat in die Griekse mitologie die seun was van koning Laomedon van Troje. Titon het verlief geraak op Eos, die Griekse godin van die daeraad. Omdat die Titonium die laaste Jurassiese periode is, is dit die "daeraad" van die Kryt.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammoniet Hybonoticeras hybonotum, van Gravesia genus en die begin van die magnetiese chronosone M22An. Die bokant word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammoniet Berriasella jacobi
Verwysings
wysig- ↑ Gradstein et al. (2012)
Bronne
wysig- (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.