Trichodiadema burgeri
Trichodiadema burgeri is 'n klein vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Oudtshoorn voor. Een subpopulasie word bedreig deur oorbeweiding en vertrapping deur skape en volstruise.
Trichodiadema burgeri | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Trichodiadema |
Spesie: | T. burgeri
|
Binomiale naam | |
Trichodiadema burgeri L.Bolus, (1963)
|