Trosspinnekopbos
Spesie van die spinnekopbosse
Die trosspinnekopbos (Serruria glomerata) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, dit kom voor op die Kaapse Vlakte en Kaapse Skiereiland. Die struik is regop en word slegs 40 cm hoog en dra blomme van Augustus tot Oktober.
Trosspinnekopbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Serruria |
Spesie: | S. glomerata
|
Binomiale naam | |
Serruria glomerata | |
Sinonieme | |
|
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 0 - 330 m.
In Engels staan dit as die Cluster Spiderhead bekend.