Tunguska-M1
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die 2K22M Tunguska-M1 (Russies: 2K22 "Тунгуска" - vernoem na die Toengoeskarivier) is 'n Russiesvervaardigde, alles-in-een grond-tot-lugmissiel/artilleriestelsel wat deur rusperbande aangedryf word. Dit het ten doel om vliegtuie, helikopters, en bomme neer te skiet ongeag die weersomstandighede, dag of nag. Die stelsel word hoofsaaklik gebruik om infanterievoertuie en konvooie te beskerm. Die stelsel word uitgeken aan sy GRAOE-kode 2K22M, maar die vervoermiddel self is 'n 2S6M.
2K22 "Tunguska-M1" kanon/missiellugafweerstelsel. | |
Tipe | Self-aagedrewe lugafweerstelsel |
---|---|
Oorsprong | Sowjetunie Rusland |
Diensgeskiedenis | |
In gebruik | 1982–huidig |
Gebruik deur | Rusland Sowjetunie Oekraïne Belarus (Witrusland) Indië Armenië Marokko |
Oorloë | Suid-Ossetië-oorlog in 2008 Oorlog in Donbass |
Produksiegeskiedenis | |
Ontwerper | KBP Instrumentontwerpburo |
Ontwerp | 1970–1980 |
Vervaardiger | Ulyanovsk Meganiese Fabriek |
Koste per eenheid | VS$16 miljoen [1] |
Vervaardig | 1976–huidig |
Variante | 2K22 (Tunguska), 2K22M (Tunguska-M), 2K22M1 (Tunguska-M1) |
Spesifikasie (Tunguska-M1) | |
Massa | 35 000 kg |
Lengte | 7,93 m |
Wydte | 3,24 m |
Hoogte | 4,01 m (of 3,36 m met radar geberg) |
Bemanning | 4 (bevelvoerder, radarbediener, kanonier en drywer) |
Pantser |
beskerm die voertuig teen 7.62 mm kleingeweervuur en skrapnel/splinters |
Primêre bewapening |
8 × 9M311, 9M311K, 9M311-1, 9M311M, 9M311-M1 of 57E6 missiele |
Sekondêre bewapening |
2 × 30 mm 2A38M kanonne (1,904 rondtes gedra) |
Enjin | V-46-6-MS 780 pk sentrifugale turboaangejaagde V-12 direkte brandstofinspuiting waterverkoelde 4-slag diesel[2] |
Enjinlewering | 840 pk maksimum |
Transmissie | hidromeganies |
Suspensie | hidropneumaties |
Grondvryhoogte | 17–57 cm |
Operasionele bereik |
500 km |
Snelheid | 65 km/h maksimumpadspoed |
Die Tunguska-stelsel bestaan uit 'n 30 mm-dubbellooplugafweerkanon plus 4 of 8 kortafstandmissiele. Die NAVO-gelyke is die Duitse Gepard lugafweerartillerie met die verskil dat die Gepard nie met enige missiele toegerus is nie.
'n Enkele Tunguska-stelsel kos ongeveer VS$16 miljoen.
Ontwikkeling
wysigDie stelsel is sedert 1970 ontwikkel met die doel om die ZSU-23-4 te vervang. Die eerste Tunguska's was eers met 4 missiele toegerus maar dit is later uitgebrei tot 8 missiele.
Die Tunguska is ontwikkel om byvoorbeeld helikopterverassingsaanvalle, soos wanneer 'n Rooivalk agter 'n koppie verskuil is en plotseling 'n missiel afvuur, oombliklik teen te staan.
In 1982 is die Tunguska-stelsel operasioneel gereed verklaar maar eers in 1986 operasioneel ontplooi.
Beskrywing
wysigDie voertuigonderstel word ook gebruik deur die Buk-1M (NAVO: SA-11 Gadfly) en Tor-M1 (NAVO: SA-15). 'n Tunguska word deur 'n bevelvoerder, radarbediener, kanonier en drywer beman.
Agter op die geskutskoepel is 'n J-band 1RL144M volgradar (NAVO: Hot Shot) met 'n ontvangssterkte van 18 km. Dit kan selfs teikens identifiseer wat op 'n hoogte van 15 m vlieg. Die radar is toegerus met 'n C/D-band IVV met die GRAOE-kode 1RL138.
Die stelsel kan bewegend skiet maar om die missiele te lanseer moet die stelsel staties wees. Die stelsel kan volledig outomaties teikens aanval, semi-outomaties met die radar wat inligting beskikbaar stel aan die kanonier, of deur 'n optiese metode, waar die radar die afstandsinligting voorsien.
Die 9M311 (NAVO: SA-19/SA-N-11) missiele van die stelsel is dieselfde as dié van die Kashtan nabyverdedigingstelsel, dit word opties gelanseer maar radar beheer die missiele verder.
In gebruik deur
wysigKenmerke
wysig- Gevaargebied
- Missiel: 2.4 tot 8.0 km (10 km met 'n 9M311-1M missiel)
- Kanon: 0.2 tot 4.0 km
- Gevaargebied op hoogtes
- Missiel: 150 tot 3500 m
- Kanon: 0 to 4000 m
- Gewaarwording- en reaksietyd: 8 sekondes
- Maksimumteikenspoed: 500 m/s
- Kanonammunisie: 2 x 2 x 30 mm 2A38M (1904 rondes)
- Skietsnelheid: 4,800 rpm
- Beweeglikheid: +87 tot -10 grade
- Missiele: 8 x 9M311 grond-tot-lugmissiel (Geleidingstelsel semi-outomaties, radargestuur, met optiese sigveld).
Inligtingswebwerwe
wysigNaslaanwerk
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 9K22 Tunguska. |
- Jane's Land Based Air Defence 2005–2006.
- www.new-factoria.ru Russiestalige web. Geargiveer 11 Oktober 2008 op Wayback Machine
- i.pvo.guns.ru Russiestalig. Geargiveer 26 September 2007 op Wayback Machine
Verwysings
wysig- ↑ "ЗTunguska-M" (in Engels). Deagel.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2016. Besoek op 1 Augustus 2010.
- ↑ "Diesel engine B-46-6 MC – Chelyabinsk tractor plant (ChTZ)" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2019. Besoek op 23 Julie 2015.