Turkoois (mineraal)
Turkoois (mineraal) | |
---|---|
Formule | CuAl6(PO4)4(OH)8•4H2O |
Onsuiwerhede | Fe, Ca |
Kleur | turkoois, blougroen, ligblou |
Streep | liggroenerig blou tot wit[1] |
Glans | Glasagtig, wasagtig, dof |
Hardheid | 5-6 (Mohs) |
Dubbelbreking | tweeassig (+) |
RI-waardes | nα = 1.610 nβ = 1.615 nγ = 1.650 |
Kristalsisteem | Triklien |
Ruimtegroep | P1 |
Eenheidsel | a = 7.409(1) Å, b = 7.635(1) Å, c = 9.914(2) Å
α = 111.356°, β = 114.973°, γ = 69.532° |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Turkoois is 'n blougroen mineraal en halfedelsteen met formule CuAl6(PO4)4(OH)8•4H2O.
Hierdie steen word reeds honderde jare as siersteen op die prys gestel, byvoorbeeld deur die Ou Perse of Amerika se Eerste Nasies. Die naam turkoois is afgelei van Turkye omdat dit vanuit Iran deur hierdie land Europa bereik het.
Turkoois is poreus en kan maklik gekleur word om dit blouer te maak. Die steen is gewoonlik dof en dit word dikwels met 'n polimeer of was geïmpregneer om dit meer glans te gee. Stene moet slegs met water skoongemaak word.[2]
Verwysings
wysig- ↑ "mindat 4060" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020.
- ↑ "minerals.net" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020.