U-107 (Kriegsmarine)

U 107
U-boat
Onderdeel van2nd U-boat FlotillaWysig
Vaartuig klasType IXB submarineWysig
Gebruikonderwys, emergency operationsWysig
KonflikTweede WêreldoorlogWysig
OperateurKriegsmarineWysig
Crew member(s)Günter HesslerWysig
VervaardigerAG WeserWysig
Ligging van vervaardigingBremenWysig
Commanded byGünter Hessler, Harald Gelhaus, Karl-Heinz FritzWysig
VlagstaatNazi-DuitslandWysig
Teken nommerU 107Wysig
Skipnommer970Wysig

U-107 was 'n Duitse IXB tipe duikboot tydens die Tweede Wêreldoorlog. U 107 is in diens gestel gedurende Oktober 1940, en het hoofsaaklik diens gedoen in die noord-Atlantiese Oseaan en somtyds in die omgewing van Freetown. Hy het 38 skepe met 'n gesamentlike tonnemaat van 217 751 ton gekelder, maar is self uiteindelik in Augustus 1944 deur 'n Short Sunderland vlieënde boot met dieptebomme gekelder.

Tipe IX duikboot

wysig

Dié tipe duikboot was 251 voet lank en toegerus met vier 21-duim torpedobuise in die boeg en twee in die agterkant. Die tipe kon twee-en-twintig torpedo's dra en het genoeg diesel gedra om 'n tog van 8 700 myl te verseker. Die duikbote het 1 051 ton water verplaas wanneer op die oppervlak, was ook toegerus met een 4,1-duim kanon en twee lugafweermasjiengewere van 37 mm en 20 mm.

Die duikboot was aangedryf deur twee diesel-elektriese enjins van 4 400/1 000 perdekrag wat snelhede van 18,5 knope (op die oppervlak) en 7,25 knope (onder die water) kon verseker.

Hierdie klas het altesaam 1,4 miljoen ton se skepe gesink, een tiende van alle skepe gesink deur U-bote.

Trivia

wysig

U is die Duitse afkorting vir Untersee Boten.