Université de Montréal
Die Université de Montréal (UdeM) [ynivɛʁsite də mɔ̃ʁeal] is een van vier hoëronderwysinstellings in Montreal, die grootste metropool in Kanada se Franssprekende provinsie Quebec. Dit tel onder Kanada se tien voorste universiteite (met op een na die grootste getal studente) en is tegelykertyd die grootste universiteit in Quebec, sowel ten opsigte van sy studentetal asook die omvang van sy navorsingsaktiwiteite.[1]
Université de Montréal | |
---|---|
Die UdeM-kampus in Montreal | |
Leuse: | Fide splendet et scientia |
Leuse in Afrikaans: | "Dit blink uit in geloof en wetenskap" |
Gestig: | 1878 |
Tipe: | Openbare universiteit |
Befondsing: | CAD 1,05 miljard (2014) |
Kanselier: | Louise Roy |
Rektor: | Guy Breton |
Personeel: | 2 640 |
Studentetal: | 67 542 |
Ligging: | Montreal, Quebec, Kanada
45°30′11″S 73°36′57″O / 45.50306°S 73.61583°O |
Kampus: | Stedelike kampus (0,6 km²) |
Webtuiste: | umontreal.ca |
Die UdeM bied sowat 250 voor- en 350 nagraadse programme in dertien fakulteite, meer as sestig departemente en twee geaffilieerde skole vir hoër onderwys (die École Polytechnique vir ingenieurswese en die sakeskool HEC Montréal) aan, insluitende 71 doktersprogramme. Sy reeks programme in lewenswetenskappe is die volledigste in Kanada.