Universiteit Twente
Nederlandse universiteit
Die Universiteit Twente (UT) is 'n Nederlandse universiteit, wat in Enschede gesetel is. Die UT is in 1961 gestig as die Technische Hogeschool Twente en die fokus het altyd op tegniek geval. Die universiteit is die enige in Nederland wat 'n kampus het (op die landgoed Drienerlo, aan die rand van Enschede). Die UT het ongeveer 9000 studente.
Universiteit Twente | |
---|---|
Logo van die Universiteit Twente. | |
Leuse in Afrikaans: | High Tech, Menslike aanraking |
Leuse in Engels: | High Tech, Human Touch |
Gestig: | 1961 |
Tipe: | Openbare universiteit |
Befondsing: | €279,4 miljoen |
Rektor: | Prof dr H (Ed) Brinksma |
Personeel: | 2 948[1] (2014) |
Studentetal: | 9 614[1] (2014) |
Ligging: | Enschede, Overijssel, Nederland
52°14′33.85″N 6°51′11.75″O / 52.2427361°N 6.8532639°O |
Affiliasies: | CESAER, EUA, 3TU |
Webtuiste: | utwente.nl |
Fakulteite
wysig- Managament en Bestuur
- Construerende Technische Wetenschappen
- Elektrotechniek, Wiskunde en Informatica
- Gedragswetenschappen
- Technische Natuurwetenschappen
- Internationaal Instituut voor Geo-Informatie Wetenschappen en Aardobservatie
Kampus
wysigDie Universiteit Twente is die enige universiteit in Nederland wat 'n kampus het waarop naas universiteitsgeboue ook studentehuise en sportakkommodasie is. Die kampus is gevestig op die landgoed Drienerlo, wat aan die wes-rand van Enschede, naby Hengelo lê. Die kampus het ook sy eie treinstasie: Enschede Drienerlo.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Personeelsomvang" (in Nederlands). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2017. Besoek op 2 Junie 2014.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met University of Twente. |
- (nl) Amptelike webwerf