Uurglasnewel

(Aangestuur vanaf Uurglas-newel)

Die Uurglasnewel (ook bekend as MyCn 18) is ’n jong planetêre newel sowat 8 000 ligjare van die Aarde af in die suidelike sterrebeeld Vlieg.

Uurglasnewel
Die Hubble-ruimteteleskoop se foto van die Uurglasnewel.
Die Hubble-ruimteteleskoop se foto van die Uurglasnewel.
Sterrebeeld Vlieg
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 13h 39m 35.116s[1]
Deklinasie -67° 22′ 51.45″[1]
Skynmagnitude (m) 13[1]
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 8 000
Ander name
ESO 97-1,[1] PN MyCn 18[1]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Geskiedenis

wysig

Die newel is deur Annie Jump Cannon en Margaret Mayall ontdek tydens hul werk aan ’n uitgebreide Henry Draper-katalogus (wat tussen 1918 en 1924 opgestel is). Dit is destyds net aangedui as ’n dowwe planetêre newel.

Nadat teleskope baie verbeter het, is die uurglasvorm van die newel op 18 Januarie 1996 deur Raghvendra Sahai en John Trauger van die Jet Propulsion Laboratory ontdek. Daar word geglo die vorm word veroorsaak deur die uitsetting van ’n vinnige sterwind in ’n stadig uitsittende wolk wat digter by sy ewenaar as by sy pole is. Die newel word dikwels "die oog van God" genoem.

’n Minder bekende "Uurglasnewel" is binne-in die Lagune-newel geleë.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "SIMBAD-databasis". Resultate vir PN MyCn 18 (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2020. Besoek op 22 Desember 2006.

Eksterne skakels

wysig