Vesto Slipher
Vesto Melvin Slipher (11 November 1875 – 8 November 1969) was ’n Amerikaanse sterrekundige.[1] Hy het spektroskopie gebruik om die omwentelingperiodes van planete en die samestelling van planetêre atmosfere te ondersoek. In 1912 was hy die eerste sterrekundige wat die verskuiwing van sterrestelsels se spektraallyne waargeneem het en hy was dus die ontdekker van rooiverskuiwings.
Vesto Melvin Slipher | |
Gebore | 11 November 1875 Mulberry, Indiana |
---|---|
Oorlede | 8 November 1969 (op 93) Flagstaff, Arizona |
Plek van graf | Citizens Cemetery, Flagstaff |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Vakgebied | Sterrekunde |
Alma mater | Lowell Observatory |
Bekend vir | uitsetting van die heelal |
Toekennings | Lalande-prys (1919) Goue medalje van die Paryse Akademie van Wetenskappe (1919) Henry Draper Medalje van die Nasionale Akademie van Wetenskappe (1932) Goue medalje van die Koninklike Astronomiese Genootskap (1932) Bruce-medalje (1935) |
Edwin Hubble het sy eie waarnemings van die afstande van sterrestelsels gekombineer met Slipher se meting van rooiverskuiwings. Sy bevindings oor die verhouding tussen afstand en rooiverskuiwings staan deesdae bekend as Hubble se wet. Dit vorm die basis van die moderne model van die uitdyende heel.
Die Slipher-krater op die maan is genoem na Vesto Slipher en sy broer, Earl Slipher, ook ’n sterrekundige.
Verwysings
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia