Vlag van Burkina Faso
Die nasionale vlag van Burkina Faso is op 4 Augustus 1984 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale tweekleur in groen (bo) en rooi (onder) met ’n vyfpuntige geel ster in die middel van die vlag.[1]
Gebruik | Nasionale vlag |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 4 Augustus 1984 |
Ontwerp | ’n Horisontale tweekleurige vlag van rooi (bo) en groen (onder) met ’n geel ster in die middel |
Simboliek
wysigDie kleure groen, rooi en geel is die Pan-Afrika kleure. Toe die vlag aanvaar is in 1984 moes hierdie kleure simboliseer dat Burkina Faso sy koloniale verlede agtergelaat het om ’n eenheid met Afrika te vorm.[2]
In die Burkinese vlag het die drie kleure ook elk ’n afsonderlike betekenis. Rooi stel die sosialistiese revolusie voor, groen stel die rykdom van die landbou en die vreugde wat die mense oplewer, voor en die geel ster stel die leidende lig van die kommunistiese revolusie wat in 1983 plaasgevind het, voor.[2] Smith gee ’n ander simboliese betekenis vir die kleure: Die rooi simboliseer die land se stryd om selfstandigheid, die groen simboliseer hoop en oorvloed en die geel simboliseer Burkina Faso se minerale rykdom.[3]
Ontwerp
wysigDie rooi en groen bane neem elk die helfte van die hoogte van die vlag in. Die ster, wat presies in die middel van die vlag is, het ’n deursnee wat gelyk is aan een derde van die hoogte en twee negendes van die wydte vlag is.[4][5]
Ander vlae
wysigDie oorspronklike vlag van Bo-Volta wat met onafhanklikheid aanvaar is, het drie horisontale bane met swart, wit en rooi gehad. Hierdie kleure het die drie groot takriviere van die Voltarivier wat deur die suide van die land vloei: die Swart Volta, Wit Volta en Rooi Volta. Die huidige vlag is aanvaar na die staatsgreep in 1983 wat Thomas Sankara se bewind tot gevolg gehad het.[3]
-
Presidensiële standaard van Burkina Faso
Verwysings
wysig- ↑ "Burkina Faso". The World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020. Besoek op 14 Mei 2019.
- ↑ 2,0 2,1 (en) Burkina Faso by Flags of the World, URL besoek op 14 Mei 2019.
- ↑ 3,0 3,1 (en) Smith, Whitney (2002). Flag Lore Of All Nations. Millbrook Press. p. 21. ISBN 0-7613-1753-8.
- ↑ (en) Burkina Faso: nasionale vlagontwerp besonderhede, URL besoek op 14 Mei 2019.
- ↑ Die ontwerpbesonderhede is vasgelê deur Presidensiële Dekreet No. 97-457/PRES/GC van 30 Oktober 1997, uitgegee in Journal Officiel du Faso No. 45, 1997, artikel 1.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Burkina Faso. |
- (en) Burkina Faso by Flags of the World
- (en) "Flag of Burkina Faso". Encyclopædia Britannica. Besoek op 14 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |