Vlakvark
Die vlakvark (Phacochoerus africanus) is 'n wilde lid van die varkfamilie wat in Afrika voorkom.
Vlakvark | |
---|---|
’n Manlike vlakvark in die Tarangire Nasionale Park in Tanzanië. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Suidae
|
Genus: | Phacochoerus
|
Spesie: | P. africanus
|
Binomiale naam | |
Phacochoerus africanus (Gmelin, 1788)
| |
Subspesies | |
4, sien teks | |
██ Verspreiding van die vlakvark██ Moontlike verspreiding of foutiewe waarneming
|
Volwasse vlakvarke het 'n gemiddelde hoogte van 75 cm en weeg tussen 70 en 100 kg. Vlakvarke het 'n kenmerkende voorkoms, met twee slagtande wat tot 61 cm lank kan word. Vratagtige uitgroeisels is sigbaar op hulle groot gesigte.
Vlakvarke kan vinnig hardloop, met 'n snelheid tussen 30 en 50 km/h. Wanneer 'n vlakvark weghardloop, hou hy sy stert penorent.
Die wyfie, of sog, is drie maande dragtig, waarna sy tot ses kleintjies in November of Desember baar. 'n Vlakvark het 'n moontlike lewensduur van 20 jaar.
Subspesies
wysig- Nolan vlakvark (P. a. africanus) Gmelin, 1788 – Burkina Faso, Ivoorkus, Demokratiese Republiek van die Kongo, Ethiopië, Ghana, Guinee-Bissau, Tsjad, Mauritanië, Nigerië, Senegal, Soedan
- Eritrese vlakvark (P. a. aeliani) Cretzschmar, 1828 – Eritrea, Ethiopië, Djiboeti, Somalië
- Sentraal-Afrikaanse vlakvark (P. a. massaicus) Lönnberg, 1908 – Kenia, Tanzanië
- Suidelike vlakvark (P. a. sundevallii) Lönnberg, 1908 – Botswana, Namibië, Suid-Afrika, Zimbabwe
Fotogalery
wysig-
’n Manlike vlakvark in die Tswalu Kalahari Reservaat, Noord-Kaap, Suid-Afrika.
-
Twee jong manlike vlakvarke wat baklei in die Tswalu Kalahari Reservaat.
-
Twee manlike vlakvarke aan die stoei
-
Twee vlakvarke wat in Tanzanië wei.
Sien ook
wysigBronnelys en verwysings
wysig- ↑ Cumming, D.H.M. (2008). Phacochoerus africanus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 5 April 2009.
- Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vlakvark.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Vlakvark