Vleiroos

Spesie van Protea familie

Die Vleiroos (Orothamnus zeyheri) is 'n skaars blomdraende plant wat deel van die Proteaceae familie is en wat op 'n tyd as krities bedreig beskou was. Die spesie blom vanaf Junie tot November maar hoofsaaklik in September. Dit is 'n lang, skraal plant wat 2-4 m hoog word. Die plant is endemies aan die suidelike gedeelte van die Kogelberg en daar is ook 'n klein populasie by die Kleinrivierberge naby Hermanus.

Vleiroos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Orothamnus
Spesie:
O. zeyheri
Binomiale naam
Orothamnus zeyheri
Pappe ex Hook.f., (1848)
Sinonieme
  • Mimetes zeyheri (Pappe ex Hook.) Meisn.

Dit staan ook as die bergroos bekend en in Engels as die marsh rose en die mountain rose.

Hierdie spesie is die enigste in die genus, Orothamnus is dus 'n monotipiese takson.

Galery

wysig

Bronne

wysig

Eksterne skakel

wysig