Vyfkol-anemoongarnaal
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die vyfkol-anemoongarnaal (Periclimenes brevicarpalis) is 'n seedier wat leef op anemone en koraalriwwe in water wat tot 25 m diep is. Dit kom in die Stille en Indiese Oseane voor, insluitend die kuslangse waters van Mosambiek en KwaZulu-Natal. Die seedier word tot 40 mm lank en word deur twee groot wit areas op die kop en stert gekenmerk. Die lyf is deursigtig met 'n aantal wit, ovaalvormige merke daarop. Die mannetjie is kleiner as die wyfie en is meer deursigtig.
Vyfkol-anemoongarnaal | |
---|---|
Periclimenes brevicarpalis in Bunaken, Indonesië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Infraorde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. brevicarpalis
|
Binomiale naam | |
Periclimenes brevicarpalis (Schenkel, 1902)
| |
Sinonieme | |
|
Die stert vou uit in 'n vyfblaarvormige waaier. Elke stertblaar het 'n oranje kol daarop, wat met 'n swart rand omsoom is. Die bene en knypers is oorwegend pers. Daar is 'n wit band dwars oor die kop met die oë weerskante daarvan. Die dier leef in pare saam. Hulle is immuun teen anamone se gif omrede hulle self met die slym bedek is wat deur die anemone afgeskei word. Hulle dwaal ook nie ver van die gasheer af nie. Die seedier is 'n omnivoor en vreet die gasheer se oorskiet asook slym, detritus en klein ongewerweldes. Die spesie kom algemeen voor.
Bron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3