Waterdowndam
Die Waterdowndam is geleë in die Klipplaatrivier 13 km suid van Whittlesea in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Hierdie dam is in 1958 geopen. Die wal is 38 m hoog en die bakmaat van die dam is 38.4 miljoen m3. Die dam ontvang veral water van sneeu wat smelt van die hoë berge in die omgewing. Huishoudelike water word voorsien aan Komani en water word ook gebruik vir besproeiing aan die oewers van die Klipplaat- en Swart-Keiriviere.
Waterdowndam | |
---|---|
Amptelike naam | Waterdowndam |
Ligging | Whittlesea, Oos-Kaap |
Provinsie/Land | Suid-Afrika |
Koördinate | 32°17′6″S 26°51′44″O / 32.28500°S 26.86222°O |
Dam in | Klipplaatrivier |
Doel | Besproeiing en huishoudelik |
Openingsdatum | 1958 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Grondvulling |
Hoogte van wal | 38 m |
Lengte van wal | 323 m |
Bakmaat | 38 400 000 m3 |
Reservoir | Waterdowndam reservoir |
Kapasiteit | 38.4 miljoen m3 |
Opvanggebied | 602 km2 |
Damoppervlak | 261 ha |
Die dam is duidelik sigbaar vanaf 'n paar uitkykplekke (piekniekhaltes) langs die R67-streekroete.