Weskus- Nasionale Park

(Aangestuur vanaf Weskus Nasionale Park)

Die Weskus- Nasionale Park lê ongeveer 120 km noord van Kaapstad in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die park is 36 300 hektaar (136 vierkante myl) groot. Dit word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die weste en die R27-kuspad en strek vanaf die dorpie Yzerfontein in die suide tot by Langebaan se lagune (strandmeer).

Weskus- Nasionale Park
Granietformasies wat oor die Langebaan-lagune uitkyk
Granietformasies wat oor die Langebaan-lagune uitkyk
Land Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Naaste dorp Langebaan
Ligging van Weskus- Nasionale Park op 'n kaart (Wes-Kaap)
Weskus- Nasionale Park
Weskus- Nasionale Park
Koördinate: 33°7′34″S 18°2′41″O / 33.12611°S 18.04472°O / -33.12611; 18.04472
Oppervlak 36 300 ha
Bestuursliggaam SANParke
Webblad www.sanparks

Die park is veral gewild vir sy voëllewe en lenteblomme vanaf Augustus tot Oktober, veral die Postberg-kamp in die park. Die park, met die eilande in Saldanhabaai, is deur BirdLife International as 'n belangrike voëlgebied geïdentifiseer.[1]

Die bestuurder is me. Patricia Bopape.

Fauna

wysig

Groot wildsbokke soos elande en rooihartbeeste kom in die park voor, asook volstruise in die Postbergkamp, flaminke in die soutmoerasse van die Langebaanlagune, pikkewyne en verskeie spesies van seevoëls.

Flora

wysig

Verwysings

wysig
  1. . "Important Bird Areas factsheet: West Coast National Park and Saldanha Bay islands". BirdLife International (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 7 Mei 2012.{{cite web}}: CS1 maint: numeric names: authors list (link)
  • Stuart, Chris & Mathilde (2012). National Parks and Nature Reserves. Struik Travel and Heritage. ISBN 978-1-77007-742-3.

Eksterne skakels

wysig