Westmount, Quebec
Westmount is 'n welgestelde nedersetting op Montreal-eiland in die suidweste van Kanada se Franssprekende provinsie Quebec wat as enklawe volledig deur die stadsgebied van Montreal omsluit word. Die meerderheid van Westmount se bevolking van 19 931 (volgens die sensus van 2011) was tradisioneel Engelssprekend, maar is intussen tweetalig en word, naas dié van Shaugnessy en Kerrisdale (twee buurte van Vancouver) en dié van Lawrence Park, Forest Hill, Rosedale en The Bridle Path (buurte van Toronto), onder die welvarendstes in heel Kanada gereken. Dit was veral Westmount se aantreklike ligging teen die hellings van Mont-Royal wat van die nedersetting 'n gewilde woonplek gemaak het.[1]
Westmount | |
---|---|
Stad | |
Die stadsaal van Westmount | |
Leuse(s): Robur meum civium fides (Latyns: My sterkte is die betroubaarheid van my burgers) | |
Ligging van Westmount op Montreal-eiland | |
Koördinate: 45°29′N 73°36′W / 45.483°N 73.600°W | |
Land | Kanada |
Provinsie | Quebec |
Streek | Montreal |
Stigting | 1874 |
As onafhanklike stad herstel | 1 Januarie 2006 |
Regering | |
• Burgemeester | Christina Smith |
Oppervlak | |
• Land | 4,02 km2 (1,55 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 19 931 |
• Digtheid | 4 952,8/km2 (12 828/vk. myl) |
Tydsone | UTC-05:00 (EST) |
• Somertyd | UTC-04:00 (EDT) |
Poskode | H3Y en H3Z |
Skakelkodes | 514 en 438 |
Webwerf | westmount.org |
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Toerisme