Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/12 Februarie
12 Februarie: Darwindag (1809), Lincoln se Verjaarsdag (Arizona, 1892)
- 1689 – Die Convention Parliament word byeengeroep om te bepaal of Jakobus II van Engeland, die laaste Katolieke koning van Engeland, afstand gedoen het van die troon voor hy in 1688 na Frankryk gevlug het.
- 1818 – Onder leiding van generaal Bernardo O'Higgins verklaar Chili amptelik sy onafhanklikheid van Spanje.
- 1832 – Ecuador annekseer die Galápagos-eilande.
- 1912 – Puyi, keiser van die Manchu Qing-dinastie en die laaste keiser van China, abdikeer.
- 2001 – NEAR Shoemaker land op Eros en word die eerste ruimtetuig wat op 'n asteroïde land.