Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/22 Maart
22 Maart: Wêreldwaterdag
- 1584 – Gebore: Grégoire de Saint-Vincent, Jesuïet en wiskundige wat die Mercatorreeks ontdek het.
- 1765 – Die parlement van die Verenigde Koninkryk neem die Seëlwet aan, wat die groeiende separatistebeweging in koloniale Amerika verder aanblaas.
- 1847 – Gebore: Georges de Villebois-Mareuil, 'n Franse militêre leier en skrywer uit 'n adellike gesin wat die Vreemdelingelegioen van die ZAR aangevoer het tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
- 1945 – Die Arabiese Liga word deur Egipte, Irak, Jordanië, Libanon, Saoedi-Arabië en Sirië in Kaïro gestig.
- 1995 – Die Russiese ruimtevaarder Waleri Poljakof van die Sojoes-program keer terug van die Mir-ruimtestasie ná 437 dae in die buitenste ruimte.