Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/24 Februarie
24 Februarie: Onafhanklikheidsdag in Estland (1918)
- 1582 – Pous Gregorius XIII vaardig die bul Inter gravissimas uit om die Gregoriaanse kalender te promulgeer, ’n aanpassing van die Juliaanse kalender wat sedert 45 v.C. in gebruik was.
- 1917 – 'n Spontane volksopstand begin in Moskou nadat tsaar Nikolaas II Rusland in die Eerste Wêreldoorlog betrek.
- 1918 – Estland verklaar sy onafhanklikheid van Rusland.
- 1946 – Kolonel Juan Perón word vir sy eerste termyn as president van Argentinië verkies.
- 2005 – Die krytrotsformasie Wissower Klinken naby Rügen, wat in 1818 deur die Duitse landskapskilder Caspar David Friedrich geskilder is, verbrokkel as gevolg van verwering en stort in die see.