Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/27 Julie
- 1890 – Vincent van Gogh skiet homself in die bors ná 'n stryd met depressie.
- 1940 – Duitsland loods die eerste lugaanval op Nantes, Frankryk, tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- 1953 – 'n Wapenstilstand beëindig die drie-jarige Korea-oorlog.
- 1975 – As gevolg van toenemende spanning in Angola sluit die Britse regering sy konsulaat en neem Britse burgers uit die land.
- 1982 – Die huursoldaatleier kolonel "Mad Mike" Hoare word skuldig bevind aan die kaping van 'n vliegtuig om te ontsnap ná die mislukte staatsgreeppoging in die Seychelle onder sy leiding.