Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/31 Desember
- 406 – Die Vandale, Alane en Suebe steek die Ryn oor om 'n inval van Gallië van stapel te stuur.
- 1491 – Gebore: Jacques Cartier, Franse ontdekkingsreisiger.
- 1687 – Die eerste Franse Hugenote vaar vanuit Nederland na Kaap die Goeie Hoop.
- 1857 – Koningin Victoria bestem Ottawa as nuwe hoofstad van Kanada.
- 1999 – Boris Jeltsin, die eerste demokraties verkose president van Rusland, bedank en stel Wladimir Poetin as waarnemende president aan.