Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/4 Augustus
- 1789 – Franse Rewolusie: Die adel neem afstand van hul voorregte en feodalisme word afgeskaf.
- 1600 – Die eerste geskrewe rekord van William Shakespeare se toneelstuk As You Like It verskyn in die Stationer's Company se register.
- 1821 – Fabian Gottlieb von Bellingshausen keer terug na Kronstadt, Rusland, ná sy ontdekkingstog in die Stille Oseaan.
- 1944 – Joodse volksmoord: Die Gestapo vind die Joodse meisie Anne Frank en haar gesin in Amsterdam.
- 1961 – Barack Obama, die 44ste president van die Verenigde State van Amerika (2009–2017), word in Honolulu, Hawaii, gebore.