Wikipediabespreking:Gebruikersportaal

Jongste opmerking: 1 jaar gelede deur Eldo-INdruk in onderwerp Jong Volwassefiksie – die genre – in Afrikaans

Welkom!

wysig

Indien jy wense of opmerkings het oor die gebruikersportaal, sê dit gerus hier!– Hierdie ongetekende kommentaar is deur Jcwf (BesprekingBydraes) gelewer.

O, het jy dalk geweet wat 'n Wikidwergie is?– Hierdie ongetekende kommentaar is deur Jcwf (BesprekingBydraes) gelewer.

Thank you how do i send a history and pic of Daantjie van den heever 1882 that i found amongst my dad's things Wobblesjodw (kontak) 15:52, 30 Oktober 2018 (UTC)Beantwoord

@Wobblesjodw: c:Commons:Upload – K175 (trap my uit | bydraes) 16:07, 30 Oktober 2018 (UTC)Beantwoord

Jong Volwassefiksie – die genre – in Afrikaans

wysig

Oorsprong van die genre Jong Volwassene

Die oorsprong van die genre, Jong Volwassene, gaan terug tot en met die Tweede Wêreldoorlog toe tieners hul eie onderskeiding as ’n sosiale demografie gegee is. Dit is tydens 1942 wat Maureen Daly die eerste Engelse jong volwasse roman, Seventeenth Summer geskryf het. Hierdie roman se teikenmark was jong dames, met die fokus op hul eerste liefde.

Die “Young Adults Library Services Association”, ’n organisasie wat daarop gefokus is om biblioteke meer toeganklik vir tieners te maak, het die term ‘Jong Volwassene’ gedurende die 1960’s geskep. Dit is hier waar die term die ouderdomsgroep van 12 tot 18 jariges sou begin verteenwoordig.

Volgens Michael Cart het die fokus op kultuur en ernstige temas, soos dood, seks, minderjarige alkoholmisbruik, haweloosheid en dwelms by jong volwassenes die fondasie gelê vir skrywers om met openhartigheid oor tienerkwessies in die 1970’s te skryf. Hierdie sal dalk verduidelik waarom baie van die boeke wat ons nou as jong volwasse tekste beskou, aanvanklik vir volwassenes geskryf is en eers later as Young Adult geklasifiseer was.

Een van die eerste jong volwassene romans wat geskryf en gepubliseer is, was The Outsiders deur S.E. Hinton. Die boek was geskryf deur die skrywer toe sy slegs 15 was, en gepubliseer op die ouderdom van 18. Dit fokus op bendes en klassestelsels en volg die tiener protagonis Ponyboy Curtis in die eerste persoonsverteller.

Oorsprong van die genre (Jong Volwassene) in Afrikaans

Boeke vir jong volwassenes in Afrikaans is eers vanaf 2012 amptelik bemark. Volgens Van der Walt, (2012:25), is daar in die jare voor 2012 voorsiening gemaak vir jeugboeke wat gemik is op jonger tieners, en jeugboeke wat gemik is op ouer tieners. Al dié boeke was onder die benaming “jeugliteratuur” geplaas.

Volgens Meiring, (2021:47), was reeksboeke vir tieners, soos die Maasdorp-boeke, Keurboslaan, Saartjie en Trompie, in die tydperk van 1940 tot 1969, besonder gewild. In die tydperk van 1970-1989 is daar weer minder reeksboeke gepubliseer en oor die algemeen is minder jeugboeke uitgegee.

In die jare sedert 2012 het Afrikaanse boeke vir jong volwassenes begin verskyn. LAPA Uitgewers is een van die uitgewers wat spesifiek die term "boeke vir jong volwassenes" gebruik om boeke te klassifiseer wat gemik is vir lesers van 17-jaar en ouer.

Temas soos, romantiese verhoudinge, dwelmgebruik, geslagskwessies, ouerlike egskeiding, terminale kanker en boelies, is ondermeer temas waaroor daar geskryf is in boeke vir jong volwassenes vanaf die ontstaan van dié genre. Skrywers het gevoel dat dit nodig is om oor hierdie temas te skryf, om jong volwassenes in te lig oor sekere sosiale-kwessies.

Bevordering van genre (Jong Volwassene)

Volgens Van der Walt, (2012:16), het die bevordering onder Jeugboeke spesifiek hand aan hand geloop met die Suid-Afrikaanse geskiedenis, spesifiek ná 1994.

Fiksie vir jong volwassenes moet deur ander metodes bemark word. Een so ’n wyse is om hierdie genre in boekwinkels en biblioteke vanaf kinderliteratuur te skei. Op hierdie wyse sal daar aandag aan hierdie ouderdomsgroep geskend kan word. Die gaping tussen kinder- en volwasseboeke, nou bekend as jong volwasseboeke, vir seker dat tieners meer kan identifiseer met die karakters in die boek self. Die genre word ook by uitgewers soos Lapa Uitgewers, NB Uitgewers, Protea Uitgewers en Naledi Uitgewers, aanbeveel vir ouderdomme 17-jaar en ouer en dus kan skoolverlaters hulself ook met hierdie genre vereenselwig (Meiring, 2021:41).

Jong volwassefiksie moet fokus op belangrike sosiale kwessies en uitdagings wat tieners daagliks in die oë staar. Die rede hieragter, is daargestel sodat lesers hulself in die karakter kan raaksien en daarmee kan identifiseer. Boeke soos Branderjaer (2020) deur Joha van Dyk, Elikser (2021) deur Frenette van Wyk en Oopmond (2019) deur Jan Vermeulen voldoen aan die kenmerke van fiksie vir Jong Volwassenes (Meiring, 2021:41).

Jong Volwassene Genre – Vandag in Afrikaans

Volgens Lessing-Venter, Meiring en do Carmo, (2022) is die wêreld van vandag groot. Kinders en tieners kyk reekse op TV, reis rond en is deel van sosialemediaplatforms. Kinders en tieners se wêrelde strek dus ook wyd en sluit verskeie perspektiewe in. Die mense wat in jou leef- en verwysingswêreld beweeg, lyk dalk heeltemal anders as jy. Dis tog dan ’n goeie fokuspunt om verskillende leefwêrelde en ervaringe in boeke uit te beeld.

Volgens Cooper en Hough, (2022) verander tendense in die young adult-mark baie vinnig en uitgewers kan onmoontlik in Afrikaans elke tendens navolg. Vir die uitgewers is dit belangrik om ’n goeie verskeidenheid boeke te publiseer wat aan verskillende tipes lesers se smaak sal voldoen en spesifieke gapings in die mark aanvul. Uit ’n uitgewersoogpunt word publikasiebesluite tot ’n groot mate ook beïnvloed deur die skolemark en wat daar aan behoeftes sal voldoen.

Onder die LAPA- en Penguin-drukname gee hulle ’n wye verskeidenheid van jeugboeke uit wat uiteenlopend van mekaar verskil en bied verkillende temas waarby jong volwassenes vandag mee aanklank kan vind soos misdaad en gesinsgeweld (Verkleurmannetjie, François Bloemhof), romanse (Vrydag is ek verlief, Cecilia Steyn) en leefstyl en kos (As mens geluk kon proe, Zelda Bezuidenhout).

Die tienerjare is die oorgang van kind na jong volwassene. Abstrakte denke begin ontwikkel. Hulle raak bewus van die opinies van ander, begin hulle eie sienings oordink, ontwikkel hul eie identiteit, ook seksualiteit, en hulle waardestelsels word getoets. Hulle raak meer onafhanklik en begin wegbreek van veilige gesinstrukture. In die plek daarvan raak die verhoudinge met eie vriende groepe belangriker. Dit is nodig dat al hierdie dinge in boeke vir jong volwassenes verskyn, ook in Afrikaans.


Verwysings:

Bezuidenhoudt, Z. 2018. As mens geluk kon proe. Pretoria: LAPA

Bloemhof, F. 2021. Verkleurmannetjie. Pretoria: LAPA

CNN. 2013. Young adult fiction evolution. Online available: [1]

Cooper, M & Hough, S. 2022. Afrikaanse jeugboeke vandag: 'n perspektief deur nb uitgewers. Aanlyn beskikbaar: [2]

LAPA Uitgewers. 2020. Kinder- en tienerboeke. http://www.lapa.co.za.

Lessing-Venter, N, Meiring, S & do Carmo, A. 2022. Afrikaanse jeugboeke vandag: 'n perspektief deur lapa uitgewers. Aanlyn beskikbaar: [3].

Meiring, S.L. 2021. Jongvolwassenefiksie in Afrikaans: ʼn ondersoek na die omskrywing van die genre en voorkoms van die “Ander”. Stilet, 33(2):41-54.

Steyn, C. 2022. Vrydag is ek verlief. Pretoria: LAPA

Van der Walt, D. 2012. Fiksie vir Jong Volwassenes (FJV) as selfstandige genre binne die Afrikaanse letterkunde. Pretoria: Universiteit van Pretoria. (Verhandeling – MA).

Van Dyk, J. 2020. Branderjaer. Kaapstad: Human & Rousseau.

Van Wyk, F. 2021. Elikser. Pretoria: LAPA.

Wikipedia contributors. 2022. Seventeenth Summer. In Wikipedia, the free encyclopedia. Online available. [4]

Vermeulen, J. 2019. Oopmond. Pretoria: LAPA.

Wikipedia contributors. 2023. Maureen Daly. In Wikipedia, the free encyclopedia. Online available: [5]

Wikipedia contributors. 2023. Michael Cart. In Wikipedia, the free encyclopedia. Online available: [6]

Wikipedia contributors. 2023. S. E. Hinton. In Wikipedia, the free encyclopedia. Online available: [7]

Wikipedia. 2023. Tweede Wêreldoorlog. In Wikipedia, die verniet encyclopedia. 2023. Aanlyn beskikbaar: [8]

Wikipedia contributors. 2023. The Outsiders (novel). In Wikipedia, the free encyclopedia. Online available: [9]

Wikipedia contributors. 2023. Young Adult Library Services Association. In Wikipedia, the free encyclopedia. Online available: [10]

Wikipedia contributors. 2023. Young adult fiction. In Wikipedia, the free encyclopedia. Online available: [11] Eldo-INdruk (kontak) 08:25, 24 Oktober 2023 (UTC)Beantwoord

Terug na die projekblad "Gebruikersportaal".