Sjabloon:Cite BookWysig

Adriaan, jy het veranderinge aan die sjabloon aangebring. Ek weet nie of dit slegter of better is nie, my kennis is te beperk daarvan. Maar jy sal die verduideliking ooreenkomstig moet verander. Het jy reeds gedoen kon elk al 'n klomp van die foute reggemaak het. Groete! Oesjaar (kontak) 07:57, 5 Junie 2019 (UTC)

Seminaar en saadjiesWysig

Hallo K175- ek is beïndruk met jou opmerking op die Geselshoekie: onderwerp: simposium, dat dit baie makliker is om artikels te wysig as om nuwes te skep. Ek stem 100% saam! Dit is altans my mening dat die twee aktiwiteite onvergelykbaar is. Ek as buitestaander en Wikipedia leek kan definitief ook bevestig dat die Afrikaanse Wikipedia se standaard vir my as uiters professioneel en hoog voorkom. Ek kan nie sê dat ek reeds veel "een-lyn" artikels teëgekom het nie, maar dis in elk geval ook nie die ergste nie. Vir my gaan dit oor die omvang van die hele Afr. Wikipedia en aaneengeskakeldheid daarvan en tussen die onderwerpe en artikels onderling, asook die vermoë om inligting wat goed versorg is en professioneel saamgestel is daaruit te kry- en in die opsig oortref die Afr. Wikipedia mense se stoutste verwagtinge! 'n Kort artikel hier en daar of een met min vleis aan die been is nie die einde van die wêreld nie. Ek het al opgemerk dat baie Afrikaanse artikels - en van die wat ek self al geskryf het - (ek skryf artikels oor skrywers, literatuur [nuut en oud] en fokus veral op komponiste van klassieke musiek en na dese veral dirigente pianiste en violiste) beter versorg en aangebied word as baie van die op die Duitse en Nederlandse weergawes. Ek dink ook die Afr. Wikipedia beskik oor vele artikels waaroor die Nl Wikipedia nie beskik nie. Om net een onlangse vb. te noem, die artikel oor die dirigent Stephen Gunzenhauser. Groete:) Charlielv55 (kontak) 16:02, 31 Julie 2019 (UTC)

Sjabloon:TaksonbalkWysig

Hallo Adriaan, {{Taksonbalk}} lyk baie nuttig in biologie-artikels, net soos die algemene {{Normdata}}. Dalk 'n nuwe taak vir jou bot? Groete. --   SpesBona 12:36, 21 Augustus 2019 (UTC)

@SpesBona: ek sal hierna kyk. – K175 (gesels met my | my bydraes) 19:05, 28 Augustus 2019 (UTC)

Plasing van Pianiste in Kategorie:Pianiste.Wysig

Hallo jong, ek het net gewonder of jy dalk sal kan help met die skep van aparte pianistiese kategorieë, bv. Kategorie: Franse pianiste ens. wat nie op die hoofblad van die kategorie vir Pianiste verskyn nie. Al die artikels oor pianiste is nou saamgebondel in die bg. enkele hoofkategorie behalwe vir die paar enkele kategorieë wat handel oor pianiste wat van spesifieke lande afkomstig is en wat daar wel is, soos bv. [Kategorie: Britse pianiste] ens. Dit sal baie help om die bladsy op te kikker en netjieser en ordelik te laat lyk. Jy het ook gehelp daarmee by die dirigente as ek reg onthou. Ek weet jy is ook baie besig en het ander dinge om aan aandag te gee ook maar sal dit baie waardeer; en bedank jou by voorbaat opreg:) Charlielv55 (kontak) 15:01, 13 September 2019 (UTC)

@Charlielv55: Geen probleem, dit is nie 'n groot taak nie, dus loer ek gou. – K175 (gesels met my | my bydraes) 15:26, 13 September 2019 (UTC)
Dankie!Charlielv55 (kontak) 15:28, 13 September 2019 (UTC)
@Charlielv55:   Uitgevoer – K175 (gesels met my | my bydraes) 16:36, 13 September 2019 (UTC)

Kategorie:ViolisteWysig

Goeiedag jong@K175:, jy kan nie dalk asseblief dieselfde doen met die violiste nie? As ek kon sou ek, maar ek glo nie ek is by magte daarby om Kategorieë te skep en te orden nie. :) Baie dankie! Charlielv55 (kontak) 10:10, 14 September 2019 (UTC)

@Charlielv55:   Uitgevoer – K175 (gesels met my | my bydraes) 19:17, 14 September 2019 (UTC)

Baie dankie :) ek waardeer!Charlielv55 (kontak) 08:39, 15 September 2019 (UTC)

Gebruiker: Theodore KusjarWysig

Hallo jong, sal jy omgee om net die gebruikerblad uit te vee, ek weet nie waarom het dit nie outomaties gebeur nie. (die simpel Opera het "gecrash" toe is dit weer 'n tameletjie! om alles uit te sorteer- ek moet eintlik eerder BRAVE gebruik maar ou gewoontes is moeilik om af te leer:()Duisend dankies!Charlielv55 (kontak) 20:24, 19 September 2019 (UTC)

@Charlielv55:   Uitgevoer – K175 (gesels met my | my bydraes) 06:19, 20 September 2019 (UTC)

-:) Charlielv55 (kontak) 06:42, 20 September 2019 (UTC)

Reminder: Community Insights SurveyWysig

RMaung (WMF) 15:28, 4 Oktober 2019 (UTC)

Sjabloon Cite webWysig

Hallo, Mr K, daar is nou in die Engelse "Template:Cite web" 'n nuwe parameter wat ek nog nie voorheen teengekom het nie en wat 'n rooi fout in die Afrikaans gee: url-status. Jy kan dit nie dalk fieks nie; ek wil nie aan modules krap nie. Baie dankie! Daar is twee goed:

|url-status=live

|url-status=dead

Burgert (kontak) 07:31, 8 Oktober 2019 (UTC)

  Uitgevoer Laat weet of dit nou reg vertoon, en of daar enige nuwe probleme ingekruip het. – K175 (gesels met my | my bydraes) 11:00, 9 Oktober 2019 (UTC)
Dit lyk my dit gee nog steeds 'n rooi fout. Kyk bv. hier onder Verwysings. Burgert (kontak) 12:32, 9 Oktober 2019 (UTC)
@Rooiratel: Kan jy help? url-status word hier as 'n sleutelwoord gedefinieer, tog skop {{Cite web}} 'n fout uit wanneer 'n mens dit gebruik. – K175 (gesels met my | my bydraes) 18:23, 9 Oktober 2019 (UTC)
Volgens hier, as jy archive-url gebruik, dan is die waarde van url-status "dead" by verstek. En die URL verwys dan na die argief URL. So dit lyk vir my mens moet nie url-status=dead gebruik as jy archive-url gebruik nie. Ek het dit getoets op die bladsy (Abdoel Aziz al-Saoed), en dit werk goed as jy die url-status=dead uit haal en die archive-url hou. - Rooiratel (kontak) 06:26, 10 Oktober 2019 (UTC)

Sjabloon:Inligtingskas Ampsbekleër‎Wysig

Hi Adriaan, alias Mnr K, kan jy asb help met 'n foutjie in bg sjabloon? Dié keer is dit darem nie jou skuld nie!!

Kyk voorbeeld by Ayanda Dlodlo. Sintaks dupliseer verkeerdelik die "Ampstermyn" (datums) onderaan die 2de "job".

Die parameters is term_start2=xxx en term_end2=29 Mei 2019

Groete, --Aliwal2012 (kontak) 18:41, 9 Oktober 2019 (UTC)

@Aliwal2012:   Uitgevoer – K175 (gesels met my | my bydraes) 19:27, 9 Oktober 2019 (UTC)

BlockWysig

You'll want to do a range block for the IP you just blocked and remove talk page access, it's an extremely disruptive cross-wiki vandal. Praxidicae (kontak) 20:06, 10 Oktober 2019 (UTC)

Wwikix...besprekingWysig

Hi Adriaan, die probleem met Gebruiker:Wwikix is dat hy ontwrigtend optree, en dan ewe skuld ontken met: Ek maakt goeie kategorieë!

Ek en Oesjaar het hom oor die laaste jaar eers mooi gevra, toe duidelike instruksies gegee, en later gewaarsku met blokkering of uiteindelike verbanning. Hy gaan direk na ons vriendelike instruksies aan om kategorieë wild en wakker rond te gooi soos dit hom pas, bv. "Kategorie:Sportakkommodasies in die Verenigde State van Amerika".... dis in die eerste plek swak Afrikaans en meer as die helfte van sy skeppings bly op die ou end rooi skakels. ('n Kategorie mag volgens protokol nie as 'n rooi skakel bestaan nie...dit het dan dringende onderhoud nodig).

Jy en ons ander het nie tyd om sy wandade op te ruim nie, hy gaan soos 'n trekker aan! Ek gaan nie airtime koop net om hom heeltyd te volg en te korrigeer nie, dis absurd!

Terloops...hy is op die Nederlandse wiki gesanksie in Des. 2016, sien nl:Wikipedia:Arbitragecommissie/Zaken/Arbcomuitspraak W(w)ikix

Groete, --Aliwal2012 (kontak) 09:57, 20 November 2019 (UTC)

Ek gooi nie wild en wakker kategorieë rond nie en my skeppings bly nie op die end rooi skakels nie. Wwikix (kontak) 10:06, 20 November 2019 (UTC)
Volgens Gebou is sportakkommodasie 'n Afrikaans woord. Wwikix (kontak) 10:13, 20 November 2019 (UTC)
Nota
Dis onwaar, niks van dit staan by Gebou nie!--Aliwal2012 (kontak) 10:36, 20 November 2019 (UTC)
@Aliwal2012: Dankie, ek neem kennis, maar ek voel tog hy tree in goeder trou en grotendeels konstruktief op. Ek dink die vraag oor watter kategorieë gewens is, is soms subjektief en moet dalk meer bespreek word. Ons het lank laas op hierdie projek eintlik ons kategorieë noukeurig beplan en onderhou. Dit is dalk hoogtyd dat dit nou gebeur. Intussen is ek gelukkig daarmee dat Gebruiker:Wwikix aangaan. Ek is nie bang vir opruim nie; ek het immers 'n robot wat vinnig foute kan regstel. Ek is byvoorbeeld juis nou besig om al ons kategorieë wat verkeerdelik "volgens lande" in die titel het, te skuif na "volgens land". – K175 (klets | my bydraes) 10:09, 20 November 2019 (UTC)
@Wwikix: Dalk moet jy meer oorleg pleeg met die gemeenskap voor jy kategoriewysigings en masse aanbring. Dan sal almal voel dat hulle by die uitbou van die projek betrek word. – K175 (klets | my bydraes) 10:20, 20 November 2019 (UTC)
Hiedie gebruiker irriteer my grensloos... Van sy goed maak GEEN sin nie. Groete! Oesjaar (kontak) 10:26, 20 November 2019 (UTC)
Baie kategoriewysigings is 'n verlengstuk of voortbou, byvoorbeeld Kategorie:Turkse Grand Prix, Kategorie:Amerikaanse renjaers, Kategorie:Motorsport in die Verenigde State van Amerika, en Kategorie:Sportakkommodasies volgens land. Wwikix (kontak) 10:29, 20 November 2019 (UTC)

──────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────── @Oesjaar: Wat stel jy voor? Ek voel blokkering gaan 'n bietjie te ver. Ons wil tog deelname uitnooi, of hoe? Dalk kan almal van ons 'n bietjie meer gereeld terugvoer gee oor mekaar se bydraes sodat almal weet waar hulle in die gemeenskap staan. – K175 (klets | my bydraes) 10:30, 20 November 2019 (UTC)

Wat Wwikix tans by die rugby-, sokker- en krieketkategorieë doen, maak myns insiens sin. As 'n mens vir hom sê, maak hierdie of daardie asseblief reg, doen hy dit. Ek verstaan, dat dit baie is en dus moeilik om dop te hou, maar as almal 'n bietjie kyk, werk dit. Ons het al vandalisme weens baie wysigings by ons onlangse wysigings misgeloop, maar na enkele dae is selfs dit teruggerol. Groete. --   SpesBona 10:45, 20 November 2019 (UTC)
Ek stem saam. Wat sal help is as Gebruiker:Wwikix kan begin om toeliggender wysigingsopsommings kan gebruik, byvoorbeeld in plaas van "kat", eerder "Kategorie bygevoeg: [[Kategorie:Voorbeeldkategorie]]" en in plaas van "sjab", eerder "Sjabloon bygevoeg: [[Sjabloon:Broodkrummels]]". Dan is dit makliker om die wysigings na te gaan. – K175 (klets | my bydraes) 10:50, 20 November 2019 (UTC)
Kategorieë soos Kategorie:Russiese Grand Prix wou ek ook lankal gedoen het, maar ek is 'n bietjie lui. ;) Só 'n nuwe kattak is immers baie werk. Solank ander taalprojekte oor dieselfde kategorieë beskik, dink ek, is dit in die haak. Terloops, de:Kategorie:Großer Preis von Russland lyk nie anders nie. Groete. --   SpesBona 11:00, 20 November 2019 (UTC)

KabouterBotWysig

K175, as jy botveranderinge maak, wil jy aandag gee aan die sortering? Wwikix (kontak) 14:15, 20 November 2019 (UTC)

@Wwikix: Ek loop die volgende instruksie wat van pwb.py gebruik maak: python3 pwb.py category move -from:"Ou titel" -to:"Nuwe titel" Ongelukkig is hierdie instruksie blind vir sortering. Ek sal 'n skrip moet skryf om die sortering ook te doen. Tensy ek iets miskyk? @Rooiratel: weet jy dalk? – K175 (klets | my bydraes) 14:28, 20 November 2019 (UTC)
Skuus dat ek intjip, maar die Afrikaanse Wikipedia is die enigste een wat kategorieë alfabeties sit (as dit is wat julle bedoel). Dit maak nie sin nie. HotCat steur hom ook nie aan sortering nie. ~ Burgert (kontak) 17:26, 20 November 2019 (UTC)

TembisaWysig

Sien jou wysiging hier.

Ek kan jou 'n brief gee Midrand het nog nie bestaan in 1957 nie. Miskien eerder "an area known as Halfway House, after its position between Pretoria and Johannesburg".

Groete, --Aliwal2012 (kontak) 16:28, 21 November 2019 (UTC)

@Aliwal2012: Die teks is uit die ooreenstemmende artikel in Engels vertaal. Stel jy dus voor ons verwys na die gebied as Halfway House omdat dit is hoe dit bekend gestaan het in 1957 toe Tembisa gestig is? – K175 (klets | my bydraes) 18:09, 21 November 2019 (UTC)

Sjabloon:Post-nominaleWysig

Hallo, ek sien jy het die sjabloon {{Post-nominale}} geskep. Weet jy dalk hoekom werk Post-nominale/CAN en Post-nominale/ZAR, maar Post-nominale/GBR, wat ek geskep het, wil nie werk nie? Dankie. ~ Burgert (kontak) 14:21, 22 November 2019 (UTC)

Hallo, die probleem was dat die hoofsjabloon (Post-nominale) na subbladsye met Engelse titels verwys het (bv. Post-nominals/GBR). Daar was aansture vir CAN en ZAR, maar nie vir GBR nie. Ek het dit nou reggemaak. Ek glo die aansture met Engelse titels kan nou verwyder word. – K175 (klets | my bydraes) 18:48, 22 November 2019 (UTC)
Ai, so 'n klein dingetjie. Baie dankie. ~ Burgert (kontak) 19:07, 22 November 2019 (UTC)

StatistiekeWysig

Adriaan, weet jy hoe om die blad [1] te verander? Groete!– Hierdie ongetekende kommentaar is deur Oesjaar (BesprekingBydraes) gelewer.

@Oesjaar: MediaWiki:Statistics-footer. – K175 (klets | my bydraes) 20:41, 12 Desember 2019 (UTC)
Ons moet die bladsy bywerk om makliker toegang te gee vir die gemeenskap na [2]. En daai ou statistiek van 2015 het nou nie meer waarde nie. Jou gedagtes hieromtrent? Oesjaar (kontak) 20:46, 12 Desember 2019 (UTC)
  Uitgevoer Ek stem 100% saam. – K175 (klets | my bydraes) 20:49, 12 Desember 2019 (UTC)

Afkorting nie in naam.Wysig

Adriaan, ek sien jy het nou 'n paar artikel verander bv. M.E.R., P. K. le Roux ens. Ek is 'n bietjie verward, volgens watter reël tree jy op? Groete! Oesjaar (kontak) 06:35, 13 Desember 2019 (UTC)

@Oesjaar: Daar is geen rede hoekom name van persone afgekort moet word nie. Sien asb. Wikipedia:Titelriglyne#Afkortings. – K175 (klets | my bydraes) 06:37, 13 Desember 2019 (UTC)
@K175: die riglyn sê "behalwe in gevalle waar die afkorting die enigste algemeen gebruikte vorm is", en ek dink in die geval van P. K. le Roux, is hy beter bekend as P. K. le Roux. Dit is dalk die beter titel in die geval. - Rooiratel (kontak) 08:35, 13 Desember 2019 (UTC)
@Rooiratel: Dalk is ek verkeerd oor PK le Roux, maar in byvoorbeeld hierdie nuusartikel word sy volle name gebruik. Eers later word die afkorting PK gebruik, tesame met HF vir Hendrik Frensch (Verwoerd). – K175 (klets | my bydraes) 08:47, 13 Desember 2019 (UTC)

TAI/AgustaWestland T-129 ATAKWysig

Adriaan, ek vertrou dit gaan goed. Ek het bogenoemde vanoggend geskep, sien nou boodskap dat daar nie bronne is nie sedert 2016! Help asb. Groete! Oesjaar (kontak) 08:31, 15 Desember 2019 (UTC)

@Oesjaar:   Uitgevoer. Sien later! – K175 (klets | my bydraes) 08:34, 15 Desember 2019 (UTC)

Rudi ClaaseWysig

Adriaan, ek vertrou dit gaan goed! Dankie vir jou veranderinge aan bogenoemde. Die Afrikaanse kunstenaars bly maar altyd 'n uitdaging.. Bv die persoonlike lewe, dit laat my dink aan skindernuus. Is dit werklik ensiklopedies? Groete! Oesjaar (kontak) 17:18, 30 Desember 2019 (UTC)

Ek dink tog so. Ek volg maar die styl van die Engelse Wikipedia. En dit is tog in die pers gedek en sal vrae wat sommige van ons lesers mag hê, kan beantwoord. – K175 (skil 'n appeltjie) 17:22, 30 Desember 2019 (UTC)
Ek is seker oudmodies! Groete! Oesjaar (kontak) 17:23, 30 Desember 2019 (UTC)
Ek sou nie sê almal sal dit interessant vind nie. – K175 (skil 'n appeltjie) 17:26, 30 Desember 2019 (UTC)

Lys van proteaspesiesWysig

Adriaan, voorspoed vir jou! Ek vertrou hierdie jaar gaan 'n groot Wiki jaar wees! Is daar enige moontlikheid dat jy met jou bot saadjies kan skep vir die proteaspesies, minimum net een sin en taksoboks met foto's waar moontlik? Hopenlik sal dit iemand motiveer om dit te groei! Groete! Oesjaar (kontak) 09:50, 2 Januarie 2020 (UTC)

@Oesjaar: Dit kan gedoen word, maar ek dink eerder ons moet alle spesies op een slag aanpak. Ons kan die data op Wikidata kry en illustrasies op Commons. Dit kan dan 'n groot projek wees wat ons oor 'n paar jaar aanpak (soos die akteurs, maar net groter). – K175 (skil 'n appeltjie) 12:09, 2 Januarie 2020 (UTC)

Staak asb outomatiese verwelkoming!Wysig

Hi Adriaan!

Sal jy asb jou outomatiese verwelkoming van nuwe gebruikers met Kabouterbot staak? Dit maak ons naam gat by onbekende mense wat niks met die Afrikaanse Wikipedia te doen wil hê nie!!

Hier is 'n vars voorbeeld van wat ek bedoel: Skraplogboek 15:44 11 Januarie 2020 Aliwal2012 het bladsy Gebruikerbespreking:Repmeer geskrap ‎(Op versoek van gebruiker: inhoud was: "Verwijderd. Ik doe niks in het Afrikaans. Niet om gevraagd.")

Dankie, --Aliwal2012 (kontak) 13:56, 11 Januarie 2020 (UTC)

@Aliwal2012: Ek stem nie saam nie. Uit die derduisende wat outomaties verwelkom is, een of twee wat vra vir bladsyverwydering. Dit is myns insiens 'n teken dat die outomatiese verwelkoming 'n reusesukses is. Groete. – K175 (skil 'n appeltjie) 02:17, 12 Januarie 2020 (UTC)
@K175: jammer maar ek stem saam met Aliwal. Dit skep duisende bladsye wat nooit gebruik word nie. Ander wikis waar ek nog nooit betrokke was nie, het party keer vir my 'n verwelkomingsbladsy geskep. En dit het my geïrriteer, maar ek het dit maar net geïgnoreer. Die wat vra vir 'n bladsyverwydering is seker woedend kwaad. As jy die kode kan verander sodat dit net 'n verwelkomingsbladsy skep vir die gebruikers wat tenminste een bydra na ons wiki maak, sal dit baie beter wees. Ek weet ek het dit in die verlede probeer regkry, maar ek kon ongelukkig nie. - Rooiratel (kontak) 09:43, 13 Januarie 2020 (UTC)
Manne, verwelkoming van nuwe gebruikers is eintlik 'n Wikipedia beleid. Groete! Oesjaar (kontak) 09:46, 13 Januarie 2020 (UTC)
Wanneer 'n gebruiker ons projek besoek, dan word daar outomaties vir hom of haar 'n rekening geskep. Dit is onmoontlik om vooraf te weet of die persoon beplan om hier betrokke te wees, maar indien wel, dan bevat die verwelkomingsboodskap waardevolle inligting vir die persoon om aan die gang te kom. 'n Persoon se reaksie op die verwelkoming is buite enigiemand se beheer behalwe sy eie. Daar is niks wat van my kant verder hieraan gedoen kan word nie. Ek stel voor diegene met besware lug eerder hul kommentaar by Wikipedia of MediaWiki se IT-personeel, want dalk kan ons die outomatiese skep van gebruikers op ons projek afskakel. Ons sal dan die enigste projek na my kennis wees wat dit doen en dit is myns insiens definitief 'n stap in die verkeerde rigting. Groetjies. – K175 (skil 'n appeltjie) 09:53, 13 Januarie 2020 (UTC)

──────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────── Adriaan, sal jy asb. dringend iets aan Gebruikerbespreking:Repmeer se versoek doen? (Die bal is nou in jou blok!) --Aliwal2012 (kontak) 15:49, 13 Januarie 2020 (UTC)

Dit lyk my hy of sy het nou self die probleem opgelos. – K175 (skil 'n appeltjie) 16:01, 13 Januarie 2020 (UTC)
Wil jy nie vir Gebruiker:Unused (skakel liewer verwyder) welkom heet nie? Ek sien sy blad is leeg. :) ~ Burgert (kontak) 21:44, 13 Januarie 2020 (UTC)

ArtikelvorderingWysig

Hallo K175, ek sien ons kort slegs 332 nuwe artikels om Tartaars in te haal! --Aliwal2012 (kontak) 10:40, 23 Januarie 2020 (UTC)

Ja, olie jou bot! Groete! Oesjaar (kontak) 10:48, 23 Januarie 2020 (UTC)
@Aliwal2012 en Oesjaar: ek het hierdie lopie slegs 400 botartikels geskep. Ek het gedink om dit onder 500 te hou sodat botartikels altyd in die minderheid bly. Ek is bevrees ons sal self skouer aan wiel moet sit om Tartaars verby te steek. – K175 (skil 'n appeltjie) 10:04, 25 Januarie 2020 (UTC)
Ag nee man, ek stem saam met Oesjaar, laat waai met jou Kabouterbot! Dis ons enigste hoop om 'n merk te maak teenoor die ander wiki's. As ons 100 000 bereik het, kan ons weer "afslek"! Het jy nog onderwerpe nodig? Sterkte, --Aliwal2012 10:18, 27 Januarie 2020 (UTC)

Ashley Johnson, aktriseWysig

Adriaan, bogenoemde het 'n dubbel. Kan jy asb een skrap? Groete! Oesjaar (kontak) 14:38, 23 Januarie 2020 (UTC)

@Oesjaar: KabouterBot het per ongeluk 'n bestaande artikel oorgeskryf (en niemand het tot nou agtergekom nie). Ek sal wanneer ek tyd het kyk hoe dit gebeur het sodat dit nie weer gebeur nie! – K175 (skil 'n appeltjie) 10:05, 25 Januarie 2020 (UTC)

Phil HeemstraWysig

Adriaan, kan jy dalk met jou speelgoed hier;

Ek het die verwysing baie gebruik! Groete! Oesjaar (kontak) 08:28, 24 Januarie 2020 (UTC)

@Oesjaar: Dit is moontlik, ek moet net hierby uitkom. – K175 (skil 'n appeltjie) 19:11, 10 Februarie 2020 (UTC)

Nog duplikaat akteurs...Wysig

Adriaan, kan asb kyk na Frank Felton en Frank Fenton (akteur), blykbaar dieselfde... Groete! Oesjaar (kontak) 16:31, 24 Januarie 2020 (UTC)

@Oesjaar:   UitgevoerK175 (skil 'n appeltjie) 11:18, 25 Januarie 2020 (UTC)

Stem vir nuwe voorbladkandidateWysig

Hi K175, kan jy asb jou gewig ingooi en stem by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad?. Ek kort nog 'n paar "ja"-stemme om die nominasies deur te voer. Groete, --Aliwal2012 (kontak) 13:00, 6 Februarie 2020 (UTC)

@Aliwal2012:   UitgevoerK175 (skil 'n appeltjie) 19:10, 10 Februarie 2020 (UTC)

Wêreldklas-ensiklopedieWysig

Beste K175, wat hierdie wysiging betref: hóé iets op 'n besprekingsblad gesê word, is blykbaar vir u belangriker as wát gesê word. Dit maak dit nie makliker om te help ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep nie (en dit is ook nie baie beleefd nie). Ek dink regtig dat elkeen wat op enige manier konstruktief tot die doel wil bydra, dit op 'n besprekingsblad in enige taal moet kan doen. Die belangrikste ding is dat ons mekaar verstaan. "Vertaling" met Google Translate moet onnodig wees. Met vriendelike groet, Wutsje (kontak) 15:41, 6 Februarie 2020 (UTC)

@Wutsje: Ek neem kennis hiervan. – K175 (skil 'n appeltjie) 16:23, 6 Februarie 2020 (UTC)

Sjabloon:Inligtingskas PersoonWysig

Hi Adriaan, hier is nog honderde lyne rooi waarskuwings hier. Kan ons iets aan dit verbeter?, ek sal help vertaal as jy sê waar ek moet. Groete --Aliwal2012 (kontak) 11:02, 13 Februarie 2020 (UTC)

@Aliwal2012: Op watter bladsye sien jy die waarskuwings? – K175 (skil 'n appeltjie) 11:13, 13 Februarie 2020 (UTC)
Hi, by Eduard Willem Bok gee twee rooi lyne in edit-modus, toe gaan ek na Sjabloon:Inligtingskas_Persoon en kry 34 "unknown parameters" --Aliwal2012
@Aliwal2012: Ek het toekennings as 'n aanvaarde parameter vir {{Inligtingskas Persoon}} aangeteken. Ek het ook die parameter noemenswaardige_werke bygevoeg, alhoewel ek voel dat dit eerder by {{Inligtingskas Skrywer}} hoort, en dat die betrokke artikel eerder laasgenoemde sjabloon behoort te gebruik. – K175 (skil 'n appeltjie) 13:18, 13 Februarie 2020 (UTC)
@K175: dankie, sal weer kontroleer! --Aliwal2012 (kontak) 13:34, 13 Februarie 2020 (UTC)

terugrolleWysig

Hi Adriaan, kan jy asb motiveer by dinge wat jy so gereeld terugrol, ek weet nie hoekom nie? Plaas dit elke keer in die wysigingsopsomming, dan weet ons almal hoekom. --Aliwal2012 (kontak) 11:00, 16 Februarie 2020 (UTC)

Echo

Hi Adriaan, kan jy asb motiveer by dinge wat jy so gereeld terugrol, ek weet nie hoekom nie? Plaas dit elke keer in die wysigingsopsomming, dan weet ons almal hoekom. --Aliwal2012 (kontak) 09:33, 7 Maart 2020 (UTC)

Adjunk-premier van NamibiaWysig

Yes mnr, hoop dit gaan goed, verander tog dié artikel Adjunk-premier van Namibia se naam na Adjunk-premier van Namibië. Dankie Dumbassman (kontak) 08:47, 26 Maart 2020 (UTC)

@Dumbassman:   Uitgevoer deur Gebruiker:Rooiratel. – K175 (skil 'n appeltjie) 19:35, 16 Mei 2020 (UTC)

Kate SmithWysig

Adriaan, die beskrywing wat jou artikel gee kom glad nie ooreen met die Engelse artikel nie. Kyk daarna asb. Groete! Oesjaar (kontak) 19:25, 16 April 2020 (UTC)

@Oesjaar: Ons artikel benader haar noemenswaardigheid vanuit die oogpunt dat sy 'n aktriese was, terwyl die Engelse weergawe haar loopbaan as sangeres beklemtoon. Ongelukkig kan die robot die saadjies wat geskep word nie aanpas vir die nuanse van die hoogtepunte van enige persoon se loopbaan nie. Ek is bevrees hierdie tipe inligting sal handmatig deur 'n mens bygewerk moet word. – K175 (skil 'n appeltjie) 19:37, 16 Mei 2020 (UTC)

Translation Isabelle de CharrièreWysig

Hello K175, Could you write / translate the article of Isabelle de Charrière (Q123386) for the AFwiki? That would be appreciated. Boss-well63 (kontak) 16:56, 9 Mei 2020 (UTC)

@Boss-well63:   UitgevoerK175 (skil 'n appeltjie) 13:38, 10 Mei 2020 (UTC)

Sjabloon:Coordinates e.a.Wysig

@K175: Adriaan, jou veranderinge wat jy vanaand aan talle sjablone aangebring het, is besig om duisende artikels op te fok! Sien Kosterrivier (dit geld vir alle "riviere") asook Magwa-waterval as voorbeelde.

Dis seker die grootse gemors wat ek nog op af:wp gesien het. Ek hoop jy het dit reeds raakgesien en het genoeg tyd om die foute reg te maak.

Jy maak my nou kwaad! --  Aliwal2012 16:58, 16 Mei 2020 (UTC)

Jammer! – K175 (skil 'n appeltjie) 19:34, 16 Mei 2020 (UTC)
Jammer, wat het gebeur?! Waarskynlik omdat dinge soos die Afrikaanse Wikipedia naby aan my hart is en ek besig was (of is indien alles werk?) om artikels soos Amsterdam op ons voorblad te bring. Dit het natuurlik tot 'n groot skok gelei, toe ek sien hoe {{Inligtingskas Nedersetting}} in daardie artikels al die rooi waarskuwings lewer. Dit lei nie tot nuwe motivering nie, maar eerder groot teleurstelling. Ek het mos baie moeite gedoen om Amsterdam uit drie tale te vertaal: Duits, Engels en Nederlands. Alles vir die bevordering van Afrikaans en die Afrikaanse Wikipedia. My doel is ook om Nederlandse lesers met 'n goeie Afrikaanse Wikipedia te trek, dus hou ek baie van kwaliteit bo kwantiteit. Die Nederlandse Wikipedia het baie artikels met min inhoud en ons sal hulle maklik met kwaliteit kan klop. Ons het 2018 in Kaapstad baie lekker gesels en ek onthou dit nog baie goed. Nou die uitbarsting, maar 14 dae later is ek weer terug. Ek kan julle en al die artikels wat ek alreeds uitgebrei het nie in die steek laat nie! Dus skryf ek weer hier en vra om verskoning! Maar net een versoek van my kant af: Praat met die ander voordat jy belangrike sjablone oorskryf of hou miskien 'n stemming daaroor. Andersins sal dit tot groot skokke kan lei. Ons kan hierdie beter bestuur as enige regering. Jy weet soos ek hoe al die mense wêreldwyd oor regerings kla wat te min met die bevolking praat. Groete. --   SpesBona 21:42, 31 Mei 2020 (UTC)

KleinrivierbergeWysig

Adriaan, sien bogenoemde. Oesjaar (kontak) 07:27, 18 Mei 2020 (UTC)

@Oesjaar: Gefix. – K175 (skil 'n appeltjie) 15:21, 18 Mei 2020 (UTC)

Luafout in moduleWysig

@K175: Adriaan, sien "Luafout in Module:Location_map" byvoorbeeld in hierdie: Doringrivier, Dorpsrivier, Sandrivier, Wilgerivier. --   Aliwal2012 13:21, 18 Mei 2020 (UTC)

@Aliwal2012: Gefix, jammer vir die ongerief. Kyk asb. of daar nog sulke gevalle is. – K175 (skil 'n appeltjie) 15:21, 18 Mei 2020 (UTC)

Dankie, ek sien nou weer lig! Daai was die riviere, nou nog vir nedersettings:

Groete --  Aliwal2012 17:58, 18 Mei 2020 (UTC)
Hi help net asb. ek het "Module:Location map/data/Suid-Afrika Limpopo" gestig, maar het die woord Module 2x gekry. Jy het ook aanstuur korrek gedoen, maar na "Module:Module:Location map/data/Suid-Afrika Limpopo" wat ek geskrap het. Kan jy regmaak asb? --Aliwal2012 19:03, 18 Mei 2020 (UTC)
OK, ek is besig om Kategorie:Bladsye met skripfoute dop te hou. Dit wys nog baie bladsye wat nie meer die Luafoute het nie. Ek sal môre weer kyk wanneer die kas verfris is. – K175 (skil 'n appeltjie) 20:05, 18 Mei 2020 (UTC)
Mooi man, ek sien jy het hom gewen! --  Aliwal2012 13:39, 22 Mei 2020 (UTC)

Ek sien op 't Zandt die volgende in die voorskou:

Warning: Page using Template:Infobox settlement with unknown parameter "breedtegraad" (this message is shown only in preview).
Warning: Page using Template:Infobox settlement with unknown parameter "breedtegraad_s" (this message is shown only in preview).
Warning: Page using Template:Infobox settlement with unknown parameter "lengtegraad_m" (this message is shown only in preview).
Warning: Page using Template:Infobox settlement with unknown parameter "lengtegraad_OW" (this message is shown only in preview).
Warning: Page using Template:Infobox settlement with unknown parameter "onderafdelingtipe1" (this message is shown only in preview).
Warning: Page using Template:Infobox settlement with unknown parameter "koördinaatwys" (this message is shown only in preview).
Warning: Page using Template:Infobox settlement with unknown parameter "breedtegraad_NS" (this message is shown only in preview).
ensovoorts......

Hoop dit help. Groete. - Rooiratel (kontak) 08:56, 19 Mei 2020 (UTC)

@Rooiratel: Gefix behalwe vir koördinaatwys wat ek nog moet inwerk. – K175 (skil 'n appeltjie) 16:54, 20 Mei 2020 (UTC)

Sjabloon:Inligtingskas NedersettingWysig

Hi Adriaan, ek ervaar 'n klein probleem hier. Dit reageer nie op duimdrukkeretiketposisie (links, regs of bokant) nie. Sien Rosso Groete --  Aliwal2012 19:33, 20 Mei 2020 (UTC)

@Aliwal2012: Dankie dat jy dit onder my aandag gebring het. Dit behoort nou te werk. Bevestig asb? – K175 (skil 'n appeltjie) 20:18, 20 Mei 2020 (UTC)

Beyerskloof PinotageWysig

Hi daar @K175:, dankie vir jou kommentaar by die besprekingsblad van Pinotage, ek was nie eers daarvan bewus nie; ek hou nie eintlik die Engelse pers dop nie (behalwe die van die VSA - Breitbart, Townhall, The Gateway Pundit ens). Ja, wat moet mens nou eintlik sê van die Kaapse Afrikaners? Hulle is (met respek) 'n ander spesie as ons Noordelike familie. (ek neem aan jy is van die Noorde?) Die gaping en verskille tussen ons word by die dag al hoe groter! (hulle al hoe minder trots op hul erfenis; verskonend-handwringend-jammer-ons-bestaan-vergewe -ons-tog-ons-sondes-en-veral-die-van-ons-voorvaders-; apaties en liberaal (watwou); ons [met reg], al hoe meer behoudend/konserwatief) Deesdae verkies ek eerder om te identifiseer as Boer en nie as Afrikaner nie. Laasgenoemde het ek met verloop van tyd begin beskou (oor die algemeen, nie as 'n reël nie; baie persone van die Noorde is ook maar net so; dink aan die Akademie wat al hoe meer progressief en liberaal word) as 'n tipe manteldraaier. Voorts wil dit voorkom asof die Kapenaars maar altyd hul brood aan albei kante gebotter wil hê en koers verander soos die wind waai. Met die hoogbloei en mag van die Afrikanerregering was hulle voor-in-die-koor, nou skaam hulle hulle (vir wat?), en hang al hoe meer die Amerikaanse vorm van "liberalisme" ('n hengse paradoks!), liberale skynheiligheid, voorskriftelike- en politieskorrekte onverdraagsaamheid en (met respek) kruiperigheid (derhalwe die nuut gemunte term, "Kruiperkaner") aan. Dankie vir jou gesprekvoering, en ekskuus as jy dalk 'n Kapenaar is, ek bedoel dit nie lelik nie, maar wil maar net die oop gesprek bevorder:) Groete:) Charlielv55 (kontak) 13:49, 21 Mei 2020 (UTC)

Skuus, ek het somtyds 'n groot smoel en die gewoonte om nie op my bek geval te wees nie.Charlielv55 (kontak) 14:18, 21 Mei 2020 (UTC)

Bringing something to your attentionWysig

Hi! Could you please look at the behaviour of one of the users here on af.wiki? [3] Please notify me when you answer him or decide to do something. Cheers! Nadzik (kontak) 09:51, 23 Mei 2020 (UTC)

Nadzik, I have given him a choice, accept the Wikipedia Principles or resign as a user. Let's see... Regards! Oesjaar (kontak) 10:15, 23 Mei 2020 (UTC)

AWWysig

Hi @K175:- hier volg my antwoord op jou vraag op die Soros gespreksblad: nee wat, dis 'n verlore saak, ek sien die man is nou kwansuis " 'n internasionale finansier, bestuurder van fondse en filantroop. En "[h]y wend [glo] sy fortuin aan om onder meer finansiële steun aan burgerregteorganisasies ... te verleen" (mmm ....ek wonder of hy Afriforum of Solidariteit steun, of ondersteun die swendelaar en skarminkel eerder vir organisasies soos NAMLBA (North American Man/Boy Love Association!!!), die linkse Southern Poverty Law Center en BLM? Gaan vind vir jouself uit).
Die probleem met Wikipedia is dat dit nie werklik meer 'n ensiklopedie is nie (veral wat die Engelse en Duitse weergawes betref), maar amper funksioneer as 'n kwasi nuusbron vir linkse gesprekspunte en -propaganda. Daarom dink ek is dit beter om eerder nie artikels op die Afrikaanse Wikipedia oor aktuele kwessies te skryf nie, want die tirannieke links-polities-korrekte "thought police" gaan altyd die artikels wysig sodat linkse kwessies beklemtoon word en ultra-linkse (vandag staan linksheid vir kommunisme en kollektivisme, "boy, if you thought the leftist liberals of today were still of the classical liberal persuasion, you're in for a rude awakening!") moeilikheidmakers soos Soros verheerlik word.
Ek hou my dan meer eerder by ensiklopediese onderwerpe en los maar die aktuele kwessies VAN NOU AF. Een ding wil ek net graag sê: mense is wakker, Wikipedia (BigBrother [BB]) moenie dink mense sien nie wat hulle doen nie. Het jy geweet dat toe die media op loop gaan met die Epstein storie, die linkse redakteurs van die Engelse Wikipedia, en seker die Duitse, Poolse en ander linkse weergawes ook, stilletjies, sonder dat hulle gedink het dat hulle uitgevang gaan word, enige verwysings op die Epstein blad na Bill Clinton verwyder het en op slinkse wyse probeer het om enige bande (indien daar ooit was, Potus Trump het nodeloos om te sê voor sy presidentskap in hoë kringe geloop, natuurlik sou hy vanweë sy status kontak met die pedofiel gehad het) van Potus Trump met Epstein te benadruk, terwyl Bill Clinton talle kere saam met Epstein (en daar bestaan oorvloedige dokumentêre bewyse daarvoor soos vlugpassasiers rekords, waarin Bill Clinton se naam herhaaldelik voorkom), eintlik is dit oop en bloot, kyk vir jouself) na sy "seks-eiland" toe is, maar ja, ek dink jy begin die prentjie te sien...? So, ek sê weer, dis 'n skande, vryheid van spraak is DOOD, geen teenspraak word geduld nie, en kritiese denke is ontoelaatbaar! Btw: die demokrate gaan die 2020 verkiesing probeer steel deur "cheat by mail" en "ballot harvesting", maar dit is 'n gesprek vir 'n ander dag.


Ek sou kon sê; dis 'n jammer dag vir vryheid van gedagtes en vryheid van die individue, maar kyk net hoe gaan dit! Ek is al gewoond aan die linkse agenda en om dit te probeer beveg; toegegee, 'n ensiklopedie is nie die forum daarvoor nie en derhalwe dat ek sê dat ek my voortaan sal toespits op ensiklopediese onderwerpe. Net om 'n vb. te gee: in die V.S.A. wil die linkse state en goewerneurs hul ekonomie (en die ekonomie oor die algemeen) sink ten einde Trump se kanse op herverkiesing te verswak, maar ook om die saak vir sosialisme te versterk. In S.A. dink die "regering" kwansuis nou dat hierdie die perfekte geleentheid is om kommunisme en sy boeties tirannie en totalitarisme te begin probeer afdwing; kort en saaklik; 'n hengse baklei lê voor vir mense wat hul vryheid hoog op prys stel. Natuurlik is die "endgame" 'n "entstof", en na wat ek verneem is dit nie sommer enige gewone entstof nie, en gaan jy gedwing word om ingeënt te word ...werklik, ek wil nou nie snaaks wees nie, maar dit voel soos die eindtye. En ek wil werklik nou hierdie kwessie afsluit, my boodskap aan spesifiek jou en ander wat bereid is om te luister is net dit; gaan jy vir ewig naïef en liggelowig soos 'n skaap rondloop en ignoreer wat om jou aangaan en alles klakkeloos aanvaar sonder enige bevraagtekening, en weier om te sien en die feit te aanvaar dat die fondamente van die westerse beskawing besig is om voor jou oë te verkrummel, of gaan jy die rooi pil neem en begin opstaan vir wat reg is en jou gereed maak vir die goeie geveg? Dis alleenlik jou keuse. GroeteCharlielv55 (kontak) 10:03, 24 Mei 2020 (UTC)
@K175: Kyk dié - https://www.youtube.com/watch?v=bmA8rreTvm8 - wanneer jy tyd het, dis 'n moet! Groete Charlielv55 (kontak) 10:06, 24 Mei 2020 (UTC)

ConservapediaWysig

Hi daar Adriaan, net een laaste ding, sou jy ooit belangstel om 'n ensiklopedie wat iets nader aan die waarheid gee te raadpleeg en nie so ooglopend links is nie, kan jy gerus Conservapedia (dis nou wel net in Engels, maar dis vryelik beskikbaar, en wag net vir mense om hul oë oop te maak) probeer, dit was my bron vir die oorspronklike Soros-artikel en werk byna net soos die linkse Wikipedia. Groete.Charlielv55 (kontak) 10:27, 24 Mei 2020 (UTC)

TaksoboksWysig

Hallo, K175, daar is 'n fout in die taksobokse: Die takson superclassis vertoon as superclass i.p.v. superklas. Kyk by Oranjekol-klipkabeljou. Dankie. ~ Burgert (kontak) 11:25, 26 Mei 2020 (UTC)

@Burgert Behr:   Uitgevoer. Daar is nog enkele onvertaalde taksons in Sjabloon:Vulgêre rang. – K175 (skil 'n appeltjie) 15:48, 26 Mei 2020 (UTC)

Sjabloon:Munisipaliteite van die administratiewe distrik Bern-MittellandWysig

Hi! This template was a very good idea. Great job! :D Cheers! Nadzik (kontak) 11:23, 30 Mei 2020 (UTC)

KoppelvlakadministrateursWysig

Adriaan, kan jy asb vir ons 'n dokument oor bogenoemde skep, vertaal uit Engels? Groete! Oesjaar (kontak) 17:08, 31 Mei 2020 (UTC)

Elana Barker blokkeringWysig

Hi K175, jy is nou besig om eensydige besluite te neem. Ons het 3 admins wat besluit het om Elana te blokkeer. Oesjaar, Dumbassman en Aliwal2012. Jy sal maar moet inval hierby, of dit eers volledig bespreek, nie net ontblok nie, asb!

Ek weet dit maak seer, maar ons kan nie dat sy voortgaan om hierdie reëls te breek nie:

Sy is al minstens 8x oor 15 maande gewaarsku (en reeds op en:wp geblok).

Groete, --  Aliwal2012 20:35, 16 Junie 2020 (UTC)

Moet ons as admins nie saam besluite soos dit nie maak nie? Dumbassman (kontak) 15:46, 17 Junie 2020 (UTC)
@Aliwal2012 en Dumbassman: Jammer, ek was nie bewus van 'n bespreking nie. Ek het gedog Aliwal2012 se aksie was eensydig, en dis hoekom ek die versperring opgehef het. Gee asb. die skakel na die bespreking sodat ek kan sien wat gesê is? – K175 (skil 'n appeltjie) 16:50, 17 Junie 2020 (UTC)
Daar was nie 'n spesifieke bespreking nie, maar ons 3 voel dieselfde. Wat ek vra is dat die admins dit saam bespreek in die toekoms sodat dit nie eensydig is nie. Dankie Dumbassman (kontak) 17:26, 17 Junie 2020 (UTC)
Stem saam met Dumbassman. Ek het ter inligting skakels na 'n paar gevalle hierbo gelys. --  Aliwal2012 09:57, 18 Junie 2020 (UTC)

Wikipedia:GeselshoekieWysig

Hallo K175, antwoord asseblief so gou as moontlik op die Geselshoekie: Wikipedia:Geselshoekie#Argiefskakels in sportartikels én Wikipedia:Geselshoekie#Stukkende sjablone. Die Afrikaanse Gemeenskap verwag graag jou antwoorde daar. Baie dankie! Groete. --   SpesBona 15:45, 30 Junie 2020 (UTC)

Koördinaatwys-vorderingWysig

Adriaan, dankie, ek sien jy maak vordering met "Koördinaatwys"-probleem by nedersetting-artikels. Waardering daarvoor, --  Aliwal2012 19:58, 10 Julie 2020 (UTC)

VraagWysig

Hallo daar. Ek vertrou alles gaan goed. Ek sien KabouterBot is tans besig om artikels oor akteurs te skep. Is daar miskien 'n moontlikheid dat die robot geprogrammeer kan word om artikels oor parlementslede te skep? Groete, Lefcentreright (kontak) 09:54, 27 Julie 2020 (UTC)

@Lefcentreright: Dit is moontlik. Die robot kort net 'n databasis om vanaf te werk. Vir die akteurs kyk hy na IMDb. [4] lys vir elke LP 'n naam, 'n party, 'n provinsiale lys, en komitees. Dit is dalk genoeg om 'n klein saadjie oor elke LP te skryf. Maar dit sal dalk beter wees as daar aanvullende bronne is (bv. vir geboortedatums, ampstermyne, ens.) – K175 (skil 'n appeltjie) 15:05, 27 Julie 2020 (UTC)
Kan People's Assembly miskien werk? Ek het vanoggend Werner Horn se artikel op die Engelse Wikipedia geskep (en:Werner Horn (politician)). Ek het meestal net sy profiel op People's Assembly gebruik. Lefcentreright (kontak) 15:36, 27 Julie 2020 (UTC)
Wat ek ook gesien het, die parlemente van beide Namibië en Zimbabwe gee vir hul lede beter biografieë (Sien Allan Norman Markham (Zim) en Pieter Mostert (Nam). Lefcentreright (kontak) 16:15, 27 Julie 2020 (UTC)
Ek sal ondersoek instel. Maar ek moet eintlik 'n lys maak van watter onderwerpe om volgende te dek, want ek wou eintlik outeurs en boeke ook nog doen. En die akteurs is nog ver van klaar af. – K175 (skil 'n appeltjie) 16:54, 27 Julie 2020 (UTC)

VandalismeWysig

Dankie dat jy daardie vandaal se vandalisme op my gebruikersblad teruggerol het. Ek waardeer! Groete, Lefcentreright (kontak) 13:03, 12 Augustus 2020 (UTC)

@Lefcentreright: Geen probleem. – K175 (skil 'n appeltjie) 15:20, 15 Augustus 2020 (UTC)