William H. Seward
William Henry Seward (16 Mei 1801 – 10 Oktober 1872) was 'n Amerikaanse politikus en staatsman. Hy is gebore in Florda, New York en voltooi sy studies aan die Union College in 1820. Hy word toegelaat tot die Amerikaanse balie in 1822 en begin in 1823 met sy eie regspraktyk. Hy betree die politiek en word verkies tot New York se senaat. Hy verloor die Goewerneurs verkiesing in 1834 maar word verkies in 1838 en 1840. Hy opponeer die aanhouding van slawe en hierdie beleid veroorsaak dat hy tot die Amerikaanse Senaat verkies word.
William H. Seward | |
24ste Amerikaanse Staatsekretaris
| |
Ampstermyn 5 Maart 1861 – 4 Maart 1869 | |
President | Abraham Lincoln (1861–1865) Andrew Johnson (1865–1869) |
---|---|
Voorafgegaan deur | Jeremiah S. Black |
Opgevolg deur | Elihu B. Washburne |
Amerikaanse Senator
vir New York | |
Ampstermyn 4 Maart 1849 – 3 Maart 1861 | |
Voorafgegaan deur | John Adams Dix |
Opgevolg deur | Ira Harris |
12de Goewerneur van New York
| |
Ampstermyn 1 Januarie 1839 – 31 Desember 1842 | |
Voorafgegaan deur | William L. Marcy |
Opgevolg deur | William C. Bouck |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | William Henry Seward 16 Mei 1801 Florida, New York |
Sterf | 10 Oktober 1872 (op 71) Auburn, New York |
Politieke party | Teen-Vrymesselaars, Whig, Republikein |
Eggenoot/-note | Frances Adeline Seward |
Kind(ers) | Augustus Henry Seward Frederick William Seward Cornelia Seward William Henry Seward, Jr. Frances Adeline "Fanny" Seward Olive Risley Seward (aangeneem) |
Alma mater | Union College |
Religie | Episkopaal |
Handtekening |
Hy verloor die President kandidaat benoeming in 1860 teen Abraham Lincoln. Lincoln stel hom hierna aan as Sekretaris van die Staat. Hy ondersteun Lincoln regdeur die Amerikaanse Burgeroorlog. Hy was betrokke by die Franse-Meksiko kwessie en help laasgenoemde tot by hulle onafhanklikheid. Hy was verantwoordelik vir die aankoop van Alaska van Rusland in 1867 in 'n transaksie wat bekend staan as Seward's Folly. Hy tree uit die politiek uit in 1869 en na 'n reis om die wêreld sterf hy in Auburn in 1872.
Bron
wysig- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 622.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie William H. Seward.