Maak hoofkeuseskerm oop

Die witrugnagreier is 'n skaars standvoël.

Witrugnagreier
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Ciconiiformes
Familie: Ardeidae
Genus: Gorsachius
Spesie: G. leuconotus
Binomiale naam
Gorsachius leuconotus
Sinonieme
Nycticorax leuconotus

Inhoud

IdentifikasieWysig

Hy word aan sy swart laksmansmus, geel gesigvel, geel pote en roesbruin veredrag uitgeken. Die wit pluime word deur volwassenes en jonges gedra. Die voël word ongeveer 53 cm groot.

HabitatWysig

Kom een-een of in pare ylverspreid langs stil riviere en damme voor. Skugter; skuil bedags in digte oewerplantegroei en kom net snags te voorskyn.

VerspreidingWysig

In Suidelike Afrika kom hulle voor vanaf Knysna, al langs die kusstrook wat ooswaarts en noord-ooswaarts strek, oor KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopoprovinsie, Mosambiek en Zimbabwe, asook Noordwes en dele van Namibië , maar die grootste hoeveelheid in die pypsteel van die Okavangodelta in noord-Botswana. Daar is ook afgesonderde groepies langs die kus in die Wes-Kaap en die benede- Garieprivier.

GeluidWysig

As hy opgejaag word, maak hy 'n padda-agtige "kraak".

Ander nameWysig

  • Wetenskaplike naam: Gorsachius leuconotus
  • Engelse naam: "White-backed Night Heron"

Sien ookWysig

BronnelysWysig