Wollerige slangkoppie
plant spesie
Die wollerige slangkoppie (Spatalla mollis) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Spatalla behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit in die Hottentots-Hollandberge, Groenlandberg tot Kleinmondberge voorkom.
Wollerige slangkoppie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Spatalla |
Spesie: | S. mollis
|
Binomiale naam | |
Spatalla mollis R.Br., (1810)
| |
Sinonieme | |
|
Die struik is plat, gerond, word slegs 80 cm hoog en blom van Julie tot Desember. Die plant vrek na 'n brand maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Twee maande nadat die plant geblom het, val die ryp sade op die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in veenagtige grond in klam lope, rivieroewers op hoogtes van 450 - 920 m.
In Engels staan die struik as die Woolly spoon bekend.