Wollerigehaarwolbos
plant spesie
Die wollerigehaarwolbos (Spatalla caudata) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Spatalla behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit in die Sederberg, Groot-Winterhoekberge en Hexrivierberge voorkom.
Wollerigehaarwolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Spatalla |
Spesie: | S. caudata
|
Binomiale naam | |
Spatalla caudata | |
Sinonieme | |
|
Die struik word 1.0 m hoog en blom van Augustus tot Oktober. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in sandsteen sand langs stroompies of lope op hoogtes van 910 - 1250 m.
In Engels staan die struik as die Woolly-hair spoon bekend.