Ysterpentakarboniel

chemiese verbinding

Ysterpentakarboniel is 'n organometaalverbinding van yster is sy oksidasietoestand nul en koolstofmonoksied met die chemiese formule Fe(CO)5

Eienskappe

Algemeen

Naam Ysterpentakarboniel
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule Fe(CO)5
Molêre massa 195,90 [g/mol][1]
CAS-nommer 13463-40-6[1]  
Voorkoms vloeistof[1]
Fasegedrag  
Selkonstantes a=1156,57(5); b= 673,88(4); c=913,36(11); β=107,882(1)°[2]  
Ruimtegroep C2/c 
Nommer 15
Smeltpunt -20 °C[1]
Kookpunt 103 °C[1]
Digtheid 1,49 at 25°C[1]
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt -15°C [1] 
LD50 5,1 [mg/kg] (oraal) [1] 
LC50 0,08 [mg/L] 4 uur [1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Kristalstrukture

wysig

Die molekule het in die gasfase n trigonaalbipiramidale vorm met simmetrie D3h. Die verbinding kristalliseer in 'n monokliniese struktuur (ruimtegroep C2/c) waarin die molekule slegs 'n tweetallige as (C2) besit. Onder 105K verwring die struktuur tot 'n trikliniese fase (P1) waarin die molekule ook sy tweetallige as verloor.[3]

Gebruike

wysig

Ysterpentakarboniel het verskeie gebruike:[4]

  • Dit word as katalisator gebruik vir 'n wye verskeidenheid reaksies vir Fischer-Tropsch hidroformilering, olefien-isomerisasie en by watergasverskuiwingsreaksies.
  • Dit word aangewend om swael uit steenkool en petroleumprodukte te verwyder.
  • Dit is 'n belangrike beginmateriaal vir die vervaardiging van chemies suiwer yster, ysteroksiede, ysterkatalisators en dun ysterfilms.
  • Dit is 'n nuttige reagens wat reageer met alkali, amiene, koolstoftetrachloried, halogene, waterstof, merkaptane, kwik- en ander soute.

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 1,8 "safety data sheet". Sigma.
  2. A. Dominic Fortes, Stewart F. Parker. "Electronic Supplementary Information For: Structure and spectroscopy of iron pentacarbonyl, Fe(CO)5" (PDF). JACS.{{cite web}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. A. Dominic Fortes and Stewart F. Parker (2022). "Structure and Spectroscopy of Iron Pentacarbonyl, Fe(CO)5". J. Am. Chem. Soc. 144 (38): 17376–17386. doi:10.1021/jacs.2c01469.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  4. "Iron Pentacarbonyl (IPC)". American carbonyl.