(55638) 2002 VE95

asteroïde

(55638) 2002 VE95 is ’n trans-Neptunus-voorwerp (TNV) met ’n absolute magnitude van 5,7.[4] Dit is ’n plutino met ’n baanresonansie van 2:3 met Neptunus.[2]

(55638) 2003 VE95   
Ontdekking[1]
Ontdek deur NEAT
Datum 14 November 2002
Kleinplaneet-benaming2002 VE95
Kleinplaneet-kategorie Plutino[2]
Wentelbaaneienskappe[3]
Epog 27 April 2019
Afelium 50,167 AE
Perihelium 27,943 AE
Halwe lengteas 39,055 AE
Wentelperiode 244,07 jaar
Gem. anomalie 26,267°
Gem. beweging 0,0040382 ms / dag
Baanhelling 16,337°
Lengteligging van stygende nodus 199,87°
Periheliumhoek 206,37°
Fisiese eienskappe
Afmetings 249,8+13,5−13,1[4]
Rotasieperiode 6,76/9,97 uur[5]
Spektraaltipe: B−V=1,07±0,14
V−R=0,72±0,05
B−R=1,79±0,04
R−I=0,76±0,12
V−I=1,38±0,15
B−I=2,47±0,13[4]
Skynmagnitude 20,5[6]
Absolute magnitude 5,70±0,06,[4] 5.3[3]

Wentelbaan en rotasie

wysig

As ’n plutino het 2002 VE95 ’n 2:3-resonansie met Neptunus. Dit beteken hul wentelperiodes is gelyk aan 3/2.[2] Dit is al 291 keer tydens 19 opposisies waargeneem, met beelde van voor sy ontdekking wat van 1990 dateer.[3]

Die rotasieperiode van 2002 VE95 is onbekend, maar dit is waarskynlik tussen ses en nege uur.[7]

Fisiese eienskappe

wysig

Die TNV se grootte word op 249,8+13,5−13,1 km geraam; dit is gebaseer op metings van sy termiese uitstraling deur die Herschel-ruimtesterrewag.[4] In sigbare lig is dit effens tot baie rooi (na gelang van verskeie waarnemings) en dit het ’n onbeduidende weerkaatsingspektrum.[8]

Die liggaam se naby-infrarooispektrum is plat, met twee duidelike absorpsiebande van waterys by 1,5 en 2 μm. Daar is ’n derde band van onsekere oorsprong naby 2,3 μm.[9] Die spektrumbesonderhede van 2002 VE95 stem ooreen met dié van 5145 Pholus, ’n sentour.[9] Die liggaam se oppervlak is heterogeen – die hoeveelheid verskillende ys- en nieyskomponente hang af van die waargenome gebied. Van die moontlike oppervlakmateriale is waterys, metanolys en verskeie toliene. Die metanolys word oor die algemeen met die rooier gebiede verbind. Dit lyk of 2002 VE95 se oppervlak ’n oeroorsprong het.[10]

Verwysings

wysig
  1. "List Of Transneptunian Objects" (in Engels). IAU-Kleinplaneetsentrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2018. Besoek op 8 Januarie 2011.
  2. 2,0 2,1 2,2 "MPEC 2008-O05 : Distant Minor Planets" (in Engels). Minor Planet Center & Tamkin Foundation Computer Network. 17 Julie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2017. Besoek op 23 Julie 2008.
  3. 3,0 3,1 3,2 "JPL Small-Body Database Browser: (55638) 2003 VE95" (2017-03-16 last obs) (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2011. Besoek op 6 Januarie 2019.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 Mommert, Michael; Harris, A. W.; Kiss, C.; Pál, A.; Santos-Sanz, P.; Stansberry, J.; Delsanti, A.; Vilenius, E.; Müller, T. G.; Peixinho, N.; Lellouch, E.; Szalai, N.; Henry, F.; Duffard, R.; Fornasier, S.; Hartogh, P.; Mueller, M.; Ortiz, J. L.; Protopapa, S.; Rengel, M.; Thirouin, A. (Mei 2012). "TNOs are cool: A survey of the trans-Neptunian region—V. Physical characterization of 18 Plutinos using Herschel-PACS observations". Astronomy & Astrophysics. 541: A93. arXiv:1202.3657. Bibcode:2012A&A...541A..93M. doi:10.1051/0004-6361/201118562.
  5. Thirouin, A.; Ortiz, J. L.; Duffard, R.; Santos-Sanz, P.; Aceituno, F. J.; Morales, N. (Oktober 2010). "Short-term variability of a sample of 29 trans-Neptunian objects and Centaurs" (PDF). Astronomy and Astrophysics. 522. doi:10.1051/0004-6361/200912340.
  6. "AstDys 2002VE95 Ephemerides". Department of Mathematics, University of Pisa, Italy. Besoek op 5 Augustus 2010.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  7. Sheppard, Scott S.; Lacerda, Pedro; Ortiz, Jose L. (2008). "Photometric Lightcurves of Transneptunian Objects and Centaurs: Rotations, Shapes, and Densities". In Barucci, M. Antonietta; Boehnhardt, H.; Cruikshank, D.P.; Morbidelli, A. (reds.). The Solar System Beyond Neptune (pdf). University of Arizona Press. pp. 129–142. ISBN 978-0-8165-2755-7.
  8. Fornasier, S.; Barucci, M.A.; De Bergh, C.; Alvarez-Candal, A.; Demeo, F.; Merlin, F.; Perna, D.; Guilbert, A.; Delsanti, A.; Dotto, E.; Doressoundiram, A. (2009). "Visible spectroscopy of the new ESO large programme on trans-Neptunian objects and Centaurs: final results". Astronomy and Astrophysics. 508 (1): 457–465. arXiv:0910.0450. Bibcode:2009A&A...508..457F. doi:10.1051/0004-6361/200912582.
  9. 9,0 9,1 Barucci, M. A.; Merlin, F.; Dotto, E.; Doressoundiram, A.; De Bergh, C. (2006). "TNO surface ices Observations of the TNO 55638 (2002 VE95) and analysis of the population's spectral properties". Astronomy and Astrophysics. 455 (2): 725–730. Bibcode:2006A&A...455..725B. doi:10.1051/0004-6361:20064951.
  10. Barucci, M. A.; Merlin, F.; Perna, D.; Alvarez-Candal, A.; Müller, T.; Mommert, M.; Kiss, C.; Fornasier, S.; Santos-Sanz, P.; Dotto, E. (2012). "The extra red plutino (55638) 2002 VE95". Astronomy & Astrophysics. 539: A152. Bibcode:2012A&A...539A.152B. doi:10.1051/0004-6361/201118505.

Eksterne skakels

wysig