12de Oscar-toekenningsaand
Die 12de Oscar-toekenningsaand is op 29 Februarie 1940 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou om erkenning te gee aan rolprente van 1939.[1] Bob Hope was vir die eerste (van 19) keer die aanbieder.
12de Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 29 Februarie 1940 | |
Plek | Ambassador Hotel, Los Angeles | |
Aanbieder | Bob Hope | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Gone with the Wind | |
Meeste pryse | Gone with the Wind (10) | |
Meeste benoemings | Gone with the Wind (13) |
Gone with the Wind het die meeste benoemings ontvang: altesaam 13. Dit was die eerste jaar waarin ’n Oscar toegeken is vir beste visuele effekte, asook waarin twee pryse vir kinematografie toegeken is: vir ’n kleur- en ’n swart-wit prent.
Hattie McDaniel was die eerste swart Amerikaner wat ’n Oscar gewen het, as beste vroulike byspeler vir Gone with the Wind.
Dit was die eerste Oscar-aand wat verfilm is. Die tydskrif Variety Magazine het geskryf die sterre was selfbewus vanweë die kameras en die geleentheid is gekenmerk deur modebewuste aktrises in die beste rokke, pelse en juweliersware.
Omstredenheid
wysigDie Los Angeles Times het ’n taamlik akkurate lys van die wenners geplaas ondanks ’n belofte om die resultate van die stemmery geheim te hou. Baie van die benoemdes het dus voor die tyd geweet wie gewen het. Clark Gable en Bette Davis was twee van die sterre wat by hul aankoms geweet het hulle het nie in hul onderskeie kategorieë gewen nie.
Verdere omstredenheid is ná die seremonie veroorsaak toe die Los Angeles Times berig die beste akteur en aktrise, Robert Donat en Vivien Leigh, het James Stewart en Davis net-net geklop. Dit het daartoe gelei dat die Academy seker gemaak het die stemmery en resultate bly in die toekoms geheim.[2]
Pryse
wysigHier volg ’n lys van die wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):
Beste produksie | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste storie | Beste draaiboek |
|
|
Beste lewende-aksie-kortprent, een spoel | Beste lewende-aksie-kortprent, twee spoele |
|
|
Beste animasiekortprent | Beste klankbaan |
|
|
Beste oorspronklike musiek | Beste liedjie |
|
|
Beste klank | Beste kunsredigering |
|
|
Beste kinematografie, swart-wit | Beste kinematografie, kleur |
|
|
Beste redigering | Beste visuele effekte |
|
|
Erepryse
wysig- Douglas Fairbanks
- Motion Picture & Television Fund
- William Cameron Menzies
- Die Technicolor Company
Irving G. Thalberg-gedenkprys
wysig- David O. Selznick
Jeugprys
wysig- Judy Garland vir The Wizard of Oz
Verwysings
wysig- ↑ "The 12th Academy Awards (1940) Nominees and Winners". oscars.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2011. Besoek op 10 Augustus 2011.
- ↑ "Academy Awards A to Z". BBC News (in Engels). 24 Januarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2019. Besoek op 27 Februarie 2011.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia