2002 Britse Grand Prix

Die 2002 Formule Een Britse Grand Prix is op 7 Julie 2002 op die Silverstone-renbaan in Silverstone, Brittanje gehou. Dit was die tiende wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Michael Schumacher in sy Ferrari gewen.

WedrenWysig

VerslagWysig

Die wedren het in droë toestande begin. In die opwarmingsrondte kon Rubens Barrichello weens 'n steeks enjin nie wegkom nie en hy moes agter wegspring. Juan Pablo Montoya neem die voortou met Michael Schumacher en Kimi Räikkönen op sy hakke. Barrichello het vinnig daarin geslaag om homself tot die agtste plek op te werk. Na ongeveer 11 rondtes het dit begin reën en almal is die kuipe binne vir reënbande. McLaren het met David Coulthard gedobbel deur hom langer op die nat baan te laat, maar hoewel dit hom 'n ruk lank die voortou in die wedloop gegee het, was dit 'n groot fout omdat hy daarna meer tyd verloor het.

In die res van die wedren het McLaren bly foute maak: Coulthard het vir reënbande ingekom, waarna dit ophou reën het, hy is ingebring vir gladde bande, waarna dit minder as 'n rondte later weer begin reën het. Die verkeerde keuses is ook by Räikkönen gemaak. In die reën was die Bridgestone-bande beter as Michelin s'n en Schumacher en Barrichello het Montoya redelik maklik verbygesteek om 'n aansienlike voorsprong op te bou.

Omdat Montoya één kuipestop minder as Barrichello gemaak het, het die Colombiaan voor Barrichello teruggekom, maar hy het hom ná 'n paar rondtes ingehaal. Ralf Schumacher was steeds vierde danksy die foute by McLaren en albei Renaults se uitval. Michael Schumacher was danksy hierdie oorwinning amper verseker van die wêreldtitel.

UitslagWysig

Posisie Nommer Renjaer Span Rondtes Tyd/Oorsaak uitval Roosterplek Punte
1 1   Michael Schumacher Scuderia Ferrari 60 1:31:45.015 3 10
2 2   Rubens Barrichello Scuderia Ferrari 60 +14.578 2 6
3 6   Juan Pablo Montoya Williams-BMW 60 +31.661 1 4
4 11   Jacques Villeneuve BAR-Honda 59 +1 Ronde 9 3
5 12   Olivier Panis BAR-Honda 59 +1 Ronde 13 2
6 7   Nick Heidfeld Sauber - Petronas 59 +1 Ronde 10 1
7 9   Giancarlo Fisichella Jordan-Honda 59 +1 Ronde 17  
8 5   Ralf Schumacher Williams-BMW 59 +1 Ronde 4  
9 8   Felipe Massa Sauber - Petronas 59 +1 Ronde 11  
10 3   David Coulthard McLaren - Mercedes 58 +2 Rondes 6  
11 17   Pedro de la Rosa Jaguar Racing 58 +2 Rondes 21  
12 15   Jenson Button Renault 54 Wiel 12  
Ret 10   Takuma Sato Jordan-Honda 50 Enjin 14  
Ret 4   Kimi Räikkönen McLaren - Mercedes 44 Enjin 5  
Ret 14   Jarno Trulli Renault 29 Elektries 7  
Ret 21   Enrique Bernoldi Arrows - Cosworth 28 Dryfas 18  
Ret 16   Eddie Irvine Jaguar Racing 23 Getol 19  
Ret 20   Heinz-Harald Frentzen Arrows - Cosworth 20 Enjin 16  
Ret 24   Mika Salo Toyota 15 Aandrywing 8  
Ret 23   Mark Webber Minardi 9 Koppeling 20  
Ret 25   Allan McNish Toyota 0 Koppeling 15  
DNQ 22   Alex Yoong Minardi 107% reël