63ste Oscar-toekenningsaand
Die 63ste Oscar-toekenningsaand is op 25 Maart 1991 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1990. Die aanbieder was Billy Crystal.
63ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 25 Maart 1991 | |
Plek | Shrine Auditorium, Los Angeles | |
Aanbieder | Billy Crystal | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Dances with Wolves | |
Meeste pryse | Dances with Wolves (7) | |
Meeste benoemings | Dances with Wolves (12) |
Die grootste wenner was Dances with Wolves, wat sewe Oscars ingepalm het, onder meer vir beste rolprent en regisseur. Whoopi Goldberg het die prys vir beste vroulike byspeler gewen en was die eerste swart Amerikaner wat ’n Oscar gewen het sedert Hattie McDaniel in 1939.
Een van die mense wat opgetree het, was Reba McEntire. Haar besluit om te sing was effens omstrede omdat sewe lede van haar orkes en haar reisbestuurder onder die tien mense was wat ’n week tevore in ’n vliegongeluk naby San Diego gesterf het. Sy het die benoemde liedjie I'm Checking Out uit die prent Postcards from the Edge opgedra aan haar orkeslede wat gesterf het.
Dit was die laaste keer dat daar nie ’n kategorie vir beste visuele effekte was nie en waar ’n spesiale prestasieprys in die plek daarvan toegeken is.
Billy Crystal het as aanbieder twee Emmys gewen – een vir skryf en die ander vir die aanbieding.
Pryse
wysigHier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[1]
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste buitelandse rolprent | Beste rolprentredigering |
|
|
Beste oorspronklike musiek | Beste oorspronklike liedjie |
|
|
Beste kunsredigering | Beste kinematografie |
|
|
Erepryse
wysig- Sophia Loren
- Myrna Loy
- Roderick T. Ryan, Don Trumbull en Geoffrey H. Williamson
Irving G. Thalberg-gedenkprys
wysig- David Brown en Richard D. Zanuck
Spesiale Prestasieprys
wysig- Total Recall – Eric Brevig, Rob Bottin, Tim McGovern en Alex Funke
Verwysings
wysig- ↑ "The 63rd Academy Awards (1991) Nominees and Winners". oscars.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 20 Oktober 2011.
Eksterne skakels
wysig- Amptelike webtuiste van die Oscars
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia