Albaniebroodboom
plantspesie
Die Albaniebroodboom (Encephalartos latifrons) is 'n spesie van die genus Encephalartos en kom in 'n paar verspreide gebiede in die Oos-Kaap voor. Dit is 'n mooi broodboom met die breedste blare van al die broodbome. Die boom word tot 3 m hoog en die stam word tot 450 mm in omtrek. Die boom is eenslagtig, manlike en vroulike bome is afsonderlike eksemplare.
Albaniebroodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. latifrons
|
Binomiale naam | |
Encephalartos latifrons Lehm., (1838)
| |
Sinonieme | |
|
Die plant se FSA-nommer is 7.[1] In Engels staan die broodboom bekend as die Albany cycad.
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Albaniebroodboom.