Breekhout
Die breekhout (Alberta magna) is 'n struik of klein boom wat floreer aan die kus maar glad nie groei in die binneland of droë toestande nie. Die breekhout is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom veral in die ekostreek AT1012 (die rivierklowe van Maputa- tot Pondoland) voor. Dit is die immergroen woude en bosryke klowe in KwaZulu-Natal en suidwaarts tot by Oos-Londen. Op die SANBI-rooilys word dit as byna bedreig (NT) gelys. Dit is veral omdat in die graslande wat die rivierklowe onring te dikwels in die brand gesteek word. Daar word ook deur sangomas boombas geoes, maar dit is minder belangrik. In gebiede waar daar minder veldbrande veroorsaak word, is hierdie boom een van die eerste wat die graslande koloniseer.[1] Op die IUBN-rooilys word dit steeds as veilig gelys.[2]
Breekhout | |
---|---|
Breekhout (Alberta magna) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Rubiaceae |
Genus: | Alberta |
Spesie: | A. magna
|
Binomiale naam | |
Alberta magna E.Mey, (1838)
|
Die blomme is rooi tot karmosynkleurig en buisvormig wat tot 3 cm lank word. Hulle word in digte hofies gedra. Die vrugte het twee vlerkies van tot 2 cm lank. Die vrugte word ook rooi tot skarlakenrooi van kleur. Die boom se FSA-nommer is 701.[3]
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Alberta magna. |
Verwysings
wysig- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
- ↑ "IUBN" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2018.
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Bronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Plants of the World Online