Albertus Johannes Werth
Johannes Albertus Werth (1880 – 1948) was 'n administrateur van Suidwes-Afrika. Hy is in 1880 in Malmesbury gebore. Hy ontvang sy opleiding op Stellenbosch en word een van die vroeë ondersteuners van die Nasionale Party onder generaal Barry Hertzog. In 1920 word hy tot die Parlement verkies as L.V. vir Kroonstad en beklee die posisie tot 1926 toe hy Administrateur van Suidwes-Afrika word. Hierdie pos beklee hy tot 1933. In 1938 word hy L.V. vir George. Hy het besonder belang gestel in die nywerheid en in finansies. Hy is 1948 oorlede en deur P.W. Botha as die parlementslid vir George opgevolg..
Albertus Johannes Werth | |
3de Administrateur-generaal van Suidwes-Afrika
| |
Ampstermyn 1 April 1926 – 1 April 1933 | |
Voorafgegaan deur | Gys Hofmeyr |
---|---|
Opgevolg deur | D.G. Conradie |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 1880 Malmesbury, Kaapkolonie (nou Wes-Kaap, Suid-Afrika) |
Sterf | 1948 |
Politieke party | Nasionale Party |