Pella-aalwyn
plantspesie
(Aangestuur vanaf Aloe dabenorisana)
Pella-aalwyn (Aloe dabenorisana) is 'n aalwyn wat endemies is aan die Noord-Kaap en kom voor in die Dabenorisberge en Pellaberg in Boesmanland. Die aalwyn is seldsaam. Die plant groei op kranse en hang af teen die kranse. Die blare buig terug na die stam toe en is dof groen met 'n rooi tint. Daar is klein, wit, tande op die blaarrande.
Pella-aalwyn | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. dabenorisana
|
Binomiale naam | |
Aloe dabenorisana van Jaarsv., 1982
|
Die plant blom van Augustus tot November.
Sien ook
wysigBronne
wysig- REDLIST Sanbi
- PlantZAfrica
- Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika, Ben-Erik van Wyk & Gideon F. Smith, Briza Publikasies, 2014, ISBN 978-1-920217-39-6
- Plants of the World Online