Grasaalwyn
plant spesie
(Aangestuur vanaf Aloe kniphofioides)
Die Grasaalwyn (Aloe kniphofioides) is 'n spesie van die genus Aloe en kom voor in Eswatini, die Oos-Kaap, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Die plant groei saam met gras. Dit kom ook in die weste van Eswatini voor. Dit vorm knolle in die wortels en die grasagtige blare word net 200 - 300 mm lank. Dit blom van November tot Desember en vorm saadjies van 2 - 3 mm in deursnee. Dit benodig vuur om te kan blom. Dit is deel van die informele groep bolaalwyne.
Grasaalwyn | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Asphodelaceae |
Subfamilie: | Asphodeloideae |
Genus: | Aloidendron |
Spesie: | A. kniphofioides
|
Binomiale naam | |
Aloidendron kniphofioides Baker, 1890
| |
Sinonieme | |
|