Aloe verdoorniae
Plantspesie
Aloe verdoorniae is 'n aalwyn wat inheems is in Gauteng en Mpumalanga en word gegroepeer as deel van die bontaalwyne. Dit kom vanaf Cullinan in die weste, ooswaarts tot by Witbank, Dullstroom en Belfast voor. Die plant blom in Junie en Julie.
Aloe verdoorniae | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Asphodelaceae |
Subfamilie: | Asphodeloideae |
Genus: | Aloe |
Spesie: | A. verdoorniae
|
Binomiale naam | |
Aloe verdoorniae Reynolds, 1936
|
Daar is voorgestel dat die spesie met A. greatheadi en A. davyana gekombineer moet word. Die spesie is vernoem na die plantkundige: Inez Clare Verdoorn.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika, Ben-Erik van Wyk & Gideon F. Smith, Briza Publikasies, 2014, ISBN 978-1-920217-39-6
- REDLIST Sanbi